Daar is nou maar een maal nie pille vir domgeid nie. Ek het gister eers ondek dat ekvergeet het om ‘n paar van my klets sessies te publish. Kan jy dit oorvertel, ek tik dat die stof staan sommer vir die pret daarvan….
Ek het gister-aand gedink ons gaan bietjie aksie hê. Ons bure wat met vakansie is se alarm het afgegaan. Ek moet sê die gewapende reaksie was blitsvinnig hier om die ‘skelms’ te kom vang. Die ‘skelm’ was toe al die tyd ‘n rondloper kat. Die arme kat was omtrent in ‘n toestand want hy kon nie uit die huis kom nie.
My moermetertjie is weer vandag erg beproef. Ek gaan Pick en Pay toe om vir Maggie sopbene te gaan koop. Hulle is toe reeds besig om vir iemand biltong te kerf. Ek wag ewe gedwee en geduldig dat hulle klaar maak alhoewel die hele plek wemel van mense wat daar werk, maar almal kyk my net aan of ek ‘n alien is. Toe die biltong mannetjie nou uiteindelik klaar is dog ek hulle gaan my nou help. Ag nee wat, die slagter gaan maar net aan met sy werk asof daar niks aangaan by die toonbank nie. Kyk toe’s ek goed warm en ek skree gaan iemand my kom help asb. Toe loop die spul ewe skielik oor van vriendelikheid en hulpvaardigheid. Ek het hulle ook goed laat verstaan ek soek nie bene vir honde nie, dit moet ordentlik wees. Maggie het in haar lewe nog nooit sulke mooi bene gekry nie, nogal netjies verpak en elke ding. Hulle het seker gesien hierdie kruppelkriekkie is op die punt om te ontplof.
Ek wil my voëlie kind se nekkie omdraai. Hy het nou deesdae die gier om sy opsies net op my been te doen. Selfs al sit hy op die tafel of iewers sorg hy dat my been binne tref afstand is.
Geniet die naweek. Gesels weer Maandag.
