Kruppelkriekkie Klets

Entries from Oktober 2008

Krapperig

Oktober 29, 2008 · Lewer Kommentaar

Vandag is ek letterlik en figuurlik krapperig.  Ek het omtrent nie ‘n oog toe gemaak van die gejeuk gister-aand.  Die gejeuk maak my mal  en die hitte dra nou nie juis by om dit beter te maak nie.  Van al die gekriewel op die bed het daar van die simpel goed stukkend gegaan en hulle brand soos vuur as ek so sweet.

 

My spiere protesteer ook al omdat ek so baie moet lê.  Ek kan ook nie te lank sit nie want daar’s ‘n triljoen blasies op my agterstrewe wat glad nie hou van die gewig wat ek op hulle laai nie.

 

Ek was al baie siek in my lewe en het al baie pyne en dinge beleef, maar hierdie waterpokkie gedoente werk nie vir my nie.  Dan is ek eerder siek met koors of iets dan kan ek ten minste slaap.  Nou voel ek nie regtig meer sleg of iets nie, maar ek kan nog steeds niks juis doen nie.

 

Hier’s foto’s waarmee julle die vlieë uit die kombuis kan hou of die kinders mee kan bang maak as hulle nie wil luister nie.

 

Baie dankie vir al die beterskap wense.  Ek waardeer dit.

 

 

Kategorië Uncategorized

Mystery siekte….

Oktober 28, 2008 · Lewer Kommentaar

My mystery siekte het ‘n naam gekry…. WATERPOKKIES….. Van nou af gaan ek vir almal met klein kindertjies sê hulle moet hulle kinders laat aansteek terwyl hulle klein is. 

Ek het altyd dis sommer net ‘n storie dat volwasssenes baie siek word van kinder siektes, maar dis ‘n feit soos ‘n koei.

 

Vandag voel ek darem beter as gister, maar ek’s maar nog steeds effe flou.  Gelukkig jeuk dit darem nie te woes nie.  Gesels weer.   My bed roep…..

Kategorië Uncategorized

Kriek is siek

Oktober 27, 2008 · Lewer Kommentaar

Ek het een of ander pes of piep of ippiekonders onderlede.  As ek nou ‘n ywerige bloubul ondersteuner was kon ek sê dis Bloubulkoors.  Met tye word ek so moeg  dat ek nie eers krag het om my hand op te tel nie en al my joints pyn en ek kry koue koors.  Die volgende oomblik kry ek weer so warm dit lyk of ek pas uit ‘n stort uitgeklim het. 

Ek het al als onder die son die skuld gegee die naweek.  My hormone (en hulle is nie eers opgecharge deur ‘n mooi stukkie vleis nie), my suiker, menopause en elke ding. Ek het darem nog nie soos Toeks van Binnelanders ‘n breingewas.

 

 

Ek het ‘n idee ek het klierkoors.  Ek het dit al voorheen gehad, maar die keer is dit erger.  Ek sal maar Oom dokter gaan sien een of ander tyd.  Dit tickle my net dat ek gewoonlik net in die aand dink my laaste uur het aangebreek.  In die dag is ek redelik fine.  Net so af en toe tref die koors en die groot moeg my, maar dit gaan gou oor. 

 

Ek het vir my die naweek Steve se Kris Kristofferson cd gekoop.  Ek moet eerlik wees dis nie regtig my soort musiek nie.  Die generation gap slaan erg deur, maar ek is seker as ek net lank genoeg oor en oor daarna luister sal ek later daarvan hou.  Ek dink die eintlik probleem is dit het nie aangename memories nie want my pa het baie daarna geluister as die grapsappies ernstig vloei en dan was huismoles nie te ver weg nie.

 

Ek is en sal altyd ‘n baie groot Steve fan bly, maar ek het die naweek die waarste beskrywing van hom in ‘n langtyd gehoor…. Hy is soos ‘n meerkat, sy stert is  altyd styf en opsoek na ‘n gat….  Ek het gedink dis classic.

 

Ek’s nou eers weer effe flou.  Lekker dag

Kategorië Uncategorized

Hier’s ek weer

Oktober 24, 2008 · Lewer Kommentaar

Vandag is ek darem weer bietjie by die huis en kan bietjie opvang met al die woelinge in blogland.  Ek wens ek kan uitwerk hoekom daar soms weke kan verbygaan wat ek dood verveeld by die huis sit en niks wil gebeur nie.  Dan kom daar weer tye soos die afgelope week dat als gelyk moet gebeur en als is ewe belangrik en kan nie wag nie.  Ek’s nie gebou vir sulke tye nie.  My lyf skree vir ‘n vakansie, verkieslik op ‘n afgeleë eiland waar saam met die prins van my drome…  maar ek weet by dag no.2 gaan ek my rekenaar mis.  Dis nou as die Prins my nie te besig hou nie…   Ag nou ja, ongelukkig is reality ‘n heel ander ball game, maar ek mag mos maar bietjie droom.

 

Ek het al so sleg gevoel omdat ek my arme voëltjie kind so afgeskeep het.  Die arme ding moes vir 2 volle dae permanent in die hok bly en hy haat dit met ‘n passie.  Dis eintlik sy eie skuld want niemand behalwe ek of my ma kan hom uithaal  Maandag het ek my sussie gevra om hom by my te vat en in die hok te sit toe raak die arme voël so wild dat hy hom disnus val en toe sien jy weer net bloed.  Toe Oompie sy vlerkie gesny het nadat hy weg gevlieg het, het hy dit verkeerd gedoen toe bloei die arme voël hom amper dood.

Soos Murphy dit nou wil hê bly die arme vlerk altyd in die slag as hy val of iets.  Nes ek dink die vlerkie gaan regkom, gebeur daar iets.  Nou pas ek en voëlie mooi by mekaar, altwee ewe kruppel;-)

 

My ma het Woensdag 1 van die honde veearts toe gevat om haar tande te laat skoonmaak en dit wat vrot is te trek.  Die arme hond was so bang sy’t my ma papnat gepiepie.  Donderdagoggend kry ek  ‘n SMS om te sê als het goed afgeloop maar toe ek sien wat die hele storie gekos het, het ek amper ‘n oorval gekry.  Ek dink my arme Ma het nou nog hartkloppings…. R930.31 later kan ons vir Toffie gaan haal.  Dit is darem ‘n aardige bedraggie om te betaal vir ‘n hond se tande.  Ons het gedink dit sal op die meeste R400 wees.  Die veearts is ook slim want hulle kan nie vooraf sê hoeveel dit gaan kos nie.  Dit hang af van die hond se grote en hoeveel tande moet getrek word.  Ek het Toffie gekoop as ‘n miniatuur worshond, Jackrussel kruising, maar iewers het die miniatuur in die slag gebly.  Sy weeg ‘n hele 17kg en is omtrent Staffie grote.    

Gelukkig kan ons dit afbetaal.  Ek dink volgende keer as ‘n hond weer ‘n tand probleem kry, vat ek haar sommer na my tandarts toe, hy’s defnitief goedkoper as die veearts.

 

Die skole sal ook enigiets doen om geld te maak.  Virginia moes R5 betaal en dan moet hulle vandag ‘n Bloubul of Sharks hemp aantrek.  Sy het nie een van die 2 nie, so sy’t nou maar net gewone klere aan.

 

Ek het eendag gesit en uitwerk, almal sê homeschooling is so duur, maar dis eintlik ‘n tjol storie.  My sussie se seun doen homeschooling en dit kos hulle minder as wat dit my sou kos as ek nie vir Virginia subsidie gekry het nie.  Daar gaan omtrent nie ‘n week verby wat daar geld gevra word vir een of ander iets nie.  Dis nou wel klein bedraggies, maar as jy als optel is dit op die ou en ‘n aardige bedraggie en dan praat ek nog nie eers van die skool klere se pryse nie.

 

Dit lyk darem of die waterpokkies my ‘n mis gegee het.  Dis nou al langer as 2 weke dat Virginia dit gehad het en daar is nog geen teken by my nie.

 

Ek beter nou eers groet.  My posboks staan al so amper 300 boodskappe sterk, so ek moet seker ‘n poging aanwend om die  arme ding leeg te kry.Geniet die naweek en die rugby.  Net om veilig te speel sal ek maar sê:  Mag die beste span wen!

 

 

  

Kategorië Uncategorized

Planne loop bietjie skeef

Oktober 20, 2008 · Lewer Kommentaar

Ek kry nou eers ‘n kletskansie want my dag het glad nie uitgewerk soos ek beplan het nie.  Ek het ‘n baie bedrywige week wat voorlê, so ek sal seker eers weer Donderdag se kant by klets uitkom.  Hoop julle mis my bietjie J

 

Ek moet nou eers weer my blondheid hier ten toon stel.  Sandra waar in die wêreld is die UAE?  Ek het nie geweet katte kan ook Altzaimer kry nie.  Kyk dis nou een siekte wat ek nie eers my grootste vyand toewens nie.  Toe ek nou die dag by ‘n vriendin in die hospitaal gaan kuier was daar ‘n tannie saam met haar in die saal wat dit het.  Die arme tannie het heeltyd op die top van haar stem geskree en mense geroep.  Dit was om van mal te word.  Dit het my so ontstel dat ek sommer nie weer vir my vriendin wou gaan kuier nie.

 

Ai onse Stevie darem…. Ek wonder wanneer gaan al sy geraamtes nou eendag klaar uit die kas geval wees.  Alhoewel dit lyk my hy het sommer ‘n hele kamer vol kaste.  Ek’s natuurlik oortuig daarvan daar is nog ‘n hele paar doedies wat kan spog dat hy hulle deurgedraf het.  Nie dat dit my pla nie want hy het my nog nooit enigsins daardeur benadeel nie.  Ek voel net verskriklik jammer vir sy arme vrou.  Ek moet sê sy ‘n baie beter mens as ek.  Ek sou lankal ‘n Mev. Bobbit op hom getrek het dan is hy ten minste ontslae van die ding wat vir hom soveel moeilikheid veroorsaak.

 

Wat ek net nie heeltemal kan verstaan nie, is hoekom het die nuutste skelmpie nou eers te voorskyn gekom?  Hoekom het sy nie iets gesê toe die storie die eerste keer verskyn het nie.  En die doedies is nou glad nie so onskuldig soos hule wil voorgee nie.  Hulle was maar te gewillig so hulle is maar net so skuldig al was hulle nie getroud soos hy nie.  Verkeerd bly verkeerd, daar’s nie meer of minder verkeerd nie.

 

Hopelik is hy nou na die operasie genees van al sy belustighede…. Kan ‘n man ooit daarvan genees word?

 

Geniet die week.  Gesels weer Donderdag

Kategorië Uncategorized

Oktober 17, 2008 · Lewer Kommentaar

Dankie Wippie en Carina wat vir my GUNSTELINGE terug gestuur het.  Dis altyd lekker om bietjie meer van die persoon agter die naam te weet.  Ek moet sê ek was eintlik heel verbaas, want ek het ‘n ruk terug dieselfde op my blog by MWEB gesit, maar geen reaksie gekry nie.

 

Ek moet môre saam met my ma-hulle na vriende se kerk se ontbyt gaan en ek’s niks lus daarvoor nie, maar nou ja…. Daarna gaan ons by vriende kuier met die oulikste kat wat ek nog gesien het.  Steve is die vryerigste kat wat ek nog gesien het.  Hy wil net heeldag gecuddle word en ek gee natuurlik glad nie om nie want ek’s mal oor hom.

Eintlik is ou Stevie ‘n baie siek kittie.  Hy het kat aids.  Dit kos my arme vriendin 100de rande elke maand vir kat se medisyne.  Ek weet nie wie gaan die hardste huil as Steve dood gaan nie.  Ek’s al te bang om te bel want ek bang sy sê Steve is nie meer met ons nie.

 

Nou ja, ek kan nie nou verder klets nie.  Moet gaan aantrek vir my weeklikse martel sessie.  Lekker naweek.

Kategorië Uncategorized

Kriekie se gunstelinge

Oktober 16, 2008 · Lewer Kommentaar

Kriekie gunstelinge 
Aangesien hier niks gebeur wat die moeitewerd is om oor te klets nie, gaan ek julle verveel met bietjie nuttelose Kriekie feite (GUNSTELINGE).  So hier gaat ons:

 

GUNSTELING KLEUR:         Hemel blou en Lemmetjie groen

GUNSTELING KOS:              Pasta en Pannekoek

GUNSTELING ROOMYS      Orio McFlurry Milkylane Spinner (sugercone & caramel)

GUNSTELING NAGEREG    Italian kisses ‘Choclate mousse’

GUNSTELING ‘SWEETS’     Juggles, Gogos

GUNSTELING ‘CHIPS’         Goestpops (Simba)

GUNSTELING DRINKDING            Melk (Ek’s nog ‘n baba het baie melk nodig)

                                                            Wimpy koffie

GUNSTELING ALKOHOL    Brutal fruit Litchie (Net as dit regtig moet, is nie mal oor alkohol nie.

GUNSTELING VLEIS            Spare ribs

GUNSTELING SLAAI           Aartapel en Noedel slaai (Spelling????)

GUNSTELING GEREG          Makaronie & Kaas en Lasagne (Spelling???)

GUNSTELING RESTAURANT         Brewers BBQ, Steers en Spur

GUNSTELING KOELDRAK Pepsi Max & Tab

GUNSTELING VRUG            Waatlemoen en Mango

GUNSTELING PARFUUM    DKNY & Gravity (Spelling???)

GUNSTELING KLEDINGSTUK       Crocks Skoene (het ‘n hele versameling)

GUNSTELING SANGER/ES              Steve Hofmeyr, Nicholis Louw en Juanita du Plessis     

GUNSTELING SANGGROEP           Navi Redd en Eden

GUNSTELING LIEDJIE         Amper (Steve), Ek is nou in die hemel (Jaunita)

GUNSTELING TV PROGRAM         Binnelanders, Egoli, 7de Laan en Noot vir Noot

GUNSTELING AKTEUR/ISSE          Franscious Coetzer (hy’t in Lipstick Dipstick gespeel), Anna Mart van der Merwe en Paul Buckby

GUNSTELING FLIEK            Dirty Dancing, 8 Below, I am Sam en Theory of  Flight

GUNSTELING TEKENPRENT          Little Mermaid, Beauty & the beast en Shrek

GUNSTELING GETAL          7 (weet nie hoekom nie)

GUNSTELING RADIO STASIE        Rippel 90.5

GUNSTELING SEISOEN      Lente en somer

GUNSTELING STOKPERDJIE         Scrapbooking (dit verander redelik gereeld)

GUNSTELING DAG              Saterdag

GUNSTELING MAAND        Junie en September

GUNSTELING DATUM         3de (dan kry ons pensioen)

GUNSTELING TYDVERDRYF         Inkopies en met die rekenaar besig

GUNSTELING WINKELSENTRUM Kollonade

GUNSTELING WINKEL Enige skryfbehoefte winkel en rekenaar winkel

GUNSTELING ‘PC GAME’   Sims 2 en Thrillville

GUNSTELING BORDSPEL   Monopoly

GUNSTELING TROETELDIER         Pugs

GUNSTELING BOEK            Ter wille van die liefde

GUNSTELING SKRYWER    Francine Rivers (Spelling????)

GUNSTELING KAR              Volkswagen Beetle en Corsa Bakkie

GUNSTELING GELUID         Pugs se gesnork

GUNSTELING REUK            Die reuk van babahondjies en sterk koffie

GUNSTELING PLANT          Kaktus

GUNSTELING GEUR            Sitrus

GUNSTELING SPROKIES KARAKTER      Tweety en Shrek se Donkey

GUNSTELING VAKANSIE   Toe ons Nederland toe was

GUNSTELING GESEGDE     If God will bring you to it, he will bring you thru it

GUNSTELING KOEKIES      Vlae koekies

GUNSTELING GRAANKOS Choc-Bits

GUNSTELING SJOKOLADE            Wit Lunch-bar

GUNSTELING TOEBROODJIE        Grondboontjiebotter en stroop (Pick&Pay se “no-name brand peanut butter is die lekkerste)

 

 

Nou ja, dis seker nou genoeg vir een dag.  As julle rerig niks te doen het nie, sal ek bly wees om van julle gunstelinge te hoor.  Lekker dag.

Kategorië Uncategorized

Lady Luck

Oktober 15, 2008 · Lewer Kommentaar

Hoop julle het my so bietjie gemis gister.  Lyk my Lady Luck is so bietjie aan my kant die laaste tyd.   Hoop sy gaan nou ‘n rukkie kuier.

 

 Verlede week gaan ek saam met ‘n vriendin na ‘n scrapbooking-winkel toe hier naby ons.  Die eienaar vra toe hoekom kom ek nie weer by die winkel nie.  Ek sê toe ek wil nie onnodig in versoeking kom om te koop as ek nie geld het nie.  Nou bly ek eerder daar weg. 

 

Sy sê toe ek moenie worry oor geld nie, ek moet Dinsdae kom vir klasse en ek hoef niks te betaal nie.  Ek het toe gister heeldag gespoeg en plak.  Ek het later so sleg gevoel want sy wou niks weet dat ek vir enigiets betaal nie.  Ag dalk dink sy sy doen haar deel vir charity, ek weet nie.  Nou gaan ek maar elke Dinsdag bietjie spoeg en plak.  Die lekkerste van als is dat daar lugreëling is.   Ek’s mal oor die somer en kry veel eerder te warm as koud, maar kyk, as die son jou die afgelope 2 dae alleen buite kry bly daar nie eers ‘n sweet kolletjie van jou oor nie.

 

My arme Kuifie-kind is natuurlik glad nie beïndruk met die nuwe reëling nie want die arme ding moet heeldag in die hok sit as ek nie hier is nie.  Die lekker daarvan is dat hy my darem weer bietjie waardeer het vandag. 

 

Ek het eintlik nog groot nuus wat ek brand om te vertel, maar dit sal maar nog ‘n rukkie moet wag.  Ek wil eerrs doodseker maak van my saak, voor ek dit dalk uitblaker en my naam weer met ‘n plank slaan.

 

Ek is rêrig baie dankbaar dat ek kan hoor, maar ek wens ek het ‘n switchie gehad wat ek kon afskakel.  Veral so 4 uur in die oggend as die voëltjies begin sing.  Sodra die voëltjies begin sing dink my waterwerke dis nou opstaan tyd.  Ek kan nou maar probeer slaap soveel ek wil, maar verniet.  Ek moet eers my waterwerke gaan leeg maak en dan kan ek verder slaap.

 

Die ontwikkellaars van die winkelsentrum waar ek so gestoei het met die toilette Saterdag, het my gebel vandag.  Ek moes toe nou weer die hele operasie oorvertel en dit nogal in my beste Engels.  Hy’t belowe hulle sal werk maak daarvan.  Ons sal nou maar wag en sien.  Ek sal nou nie omgee as hulle ‘n shopping vouchertjie of 2 hier na my kant toe wil stuur vir die ongerief niw, maar ek moet seker ook nou nie my luck push nie.  Geen wonder Lady Luck kom so min hier by my nie, want as ek haar eers het dan mishandel ek die arme ding erg.

 

Ek gesels môre weer.

Kategorië Uncategorized

Toilet episodes

Oktober 13, 2008 · Lewer Kommentaar

Eers wil ek BAIE dankie sê vir die mooi comments na Vrydag se inskrywing.  Dit het my kriekhartjie sommer lekker warm laat klop.  Ek was skoon bewoë en glo my dit vat redelik baie om my bewoë te kry.  Aan Wippie ‘n spesiale dankie, ek weet nie of jy op jou blog ‘n advertensie gesit het dat jou maaikies by my moet kom inloer nie, maar baie van jou tjommies kom kuier nou by my ook.

 

Ek het my naam Saterdag lekker met ‘n plank geslat.  Ons buurman bel en vra om met Oompie te praat.  Ek was vas oortuig dit was my stiefboetie uit Kanada.  Ek trap hom toe sommer op die plek uit omdat hy nooit meer met my wil praat as hy bel nie.  Ek’s so ongeskik soos môre heeldag met die “boetie”  Toe hy my vra wie praat, is ek eers kwaad.

Die are buur oompie kan nie juis afrikaans praat nie en gee toe maar die foon vir sy vrou.  Toe ek eers besef wat ek aangevang het, het ek kleiner as ‘n sandkorreltjie gevoel. Die arme Oompie het seker gedink: Hi shame, dis nie net die arme mens se bene wat nie werk nie, haar koppie raas ook in die ergste graad.

 

Ek was Saterdag so boos vir die ontwerpers van ‘n winkelsentrum, as ek hulle kon in die hande kry het julle vandag van my in die korant gelees want ek sou in die tronk gewees het vir moord,

My waterwerke moes baie dringend verlig word.  Toe ek uiteindelik die badkamer kry waar my stoel inpas, is daar geen reëlings vir my om aan vas te hou nie,  Dit is letterlik net die toilet wat daar staan.  Geen wasbak of niks.  Ek besluit toe die toilet se pyp sal nou mssr moet doen vir ‘n reëling.  Toe ek daaraan vat, kom die hele pyp uit die muur uit.

Na ‘n hengse gespook kon ek toe darem my nood verlig.  Daar’s nie ‘n manier dat ek my hande kon was by die wasbak nie.  Die ding is so hoog ek sal ‘n leer moet klim om by te kom.  My ma was so boos sy trap toe sommer die arme skoonmaker uit.  Moeder het toe die sentrum bestuur gebel om te kla maar ek twyfel of daar iets van gaan kom.  Hulle gee net eenvoudig nie om nie.

 

Openbare toilette bring nogal die dier in my uit.  Ek het by die Kollenade eendag amper ‘n tjoklitsmurf se bene afgery van boosaardagheid.  Ek het ook weer ‘n vreeslike nood gehad.  Toe ek uiteindelik by die badkamer uitkom is die deur van die rolstoel toilet toe, maar nie gesluit nie.  My ma maak oop en daar sit smurf met haar trollie vol groceries op die troon.  My ma vra haar baie beleef om asseblief gou klaar te maak want ek moet dringend daar kom.

 

Sal die tjoklitsmurf nie op my ma begin skree omdat sy haar privacy introde het nie.  My ma draai om om ‘n ander toilet te gaan soek, maar dis net daar waar my moer metertjie heeltemal ontplof.  Ek ruk die deur oop en haal haar trollie daar uit sonder enige hulp.  Hoe ek dit reg gekry het weet ek nou nog nie.  Sy wou nog verby my kom om uit te gaan toe ry ek haar teen die muur vas.  Ek was so kwaad ek sou haar dood gemaak het.  Gelukkig het my ma terug gekom toe sy die cemoution (spelling!!!) hoor en kon sy my hand van die stoel se kontrole af kry sodat die smurf kon loop.  Anders het ek seker in die tronk geslaap daai aan.  So ‘n vriendelike waarskuwing:  As jy wil gaan piepie, moenie die rolstoel toilet gebruik nie.  Ek mag dalk net aan die ander kant van die deur wees….

 

Ons buurman oorkant die pad se kar is Saterdag middag gesteel terwyl hy rugby gekyk het.  Hy is ‘n regte verstrooide professor wat baie goed gelowig is.  Hy het nie ‘n motor aan sy hek nie en glo ook nie daaraan om die hek te sluit as hy by die huis is nie en as hy kafee toe gaan los hy als wawyd oop.  Dis nou al die 2de keer dat hy ‘n kar skenk aan die agtergeblewenis. 

 

Nie ons of die ander bure was Saterdag by die huis nie, maar daar was nie eers gepeuter of iets by ons nie.  As ek ‘n skelm was sou ek ook nie moeite doen om oor hekke en goed te klim as ek sommer net kan inloop en die kar vat nie.

 

Ek moet groet.  Het ‘n Avon bestelling om te gaan doen.

 

Kategorië Uncategorized

Kriekie wil ôk ‘n eier lê

Oktober 10, 2008 · Lewer Kommentaar

Ek het gister in Pik se blik gaan inloer en besluit om ook ‘n eiertjie te lê oor ‘normaal’.  Alhoewel, ek glo nie krieke lê eiers nie, maar met ‘n kruppelkriekkie is enigiets moontlik.

 

Volgens my is ‘normaal’ of ‘abnormaal’ meer ‘n ‘kopding’ en guts as wat dit fisies is.   As jy psiegies (hoop dis die regte woord) vrede gemaak het met jou omstandighede of situasie sal jy Everest kan uitklim al is jy ook hoe gestremd.  As jy die besluit geneem het om die beste van jou omstandighede te maak en nie op ‘n hopie te gaan sit en jouself jammer te kry nie, gaan baie meer kan regkry as wat die meeste normale mense kan regkry.

 

Moenie my verkeerd verstaan nie, almal van ons kry af dae.  Baie keer kry ek myself vreeslik jammer… huil genoeg trane om die waterkrises in SA heeltemal op te los.  Om nie te kan loop nie, is glad nie vir my ‘n issue nie, maar die totale afhanklikheid van ander kry my soms onder.

 

Ek dink dis vir iemand wat van geboorte af gestremd is baie makliker om te aanvaar en aan te pas as wat dit vir iemand is wat eers later in die lewe gestremd word agv ‘n ongeluk of iets.  Ek weet nie wat dit is om normaal te wees nie, so ek weet nie wat ek mis nie.  As Liewe Jesus my ‘n keuse gee, sal om te kan loop defnitief nie bo aan my lysie wees nie… Ek dink ek sal eers my gewig wil uitsorteer sodat ek kan eet wat ek wil sonder om oor die vetrolletjies te worry.  Dan sal ek die afhanklikheid wil uitsorteer en as daar dan nog iets oor is, sal ek nie mind om te kan loop nie.

 

As mens met jou situasie kan spot en die snaakse daarin kan raaksien is daar hoop vir jou.  Ek was ‘n hele ruk terug by ‘n konsert waar ‘n klomp gestremde kinders opgetree het.  In 1 item was daar ‘n dogtertjie wat regtig erg serebraal gestremd is en sy moes so baie evert insit om die bewegings te doen, maar sy het haar gate uit geniet.  Sy is so erg spasties dat dit nog steeds gelyk het of sy dans al was die musiek lankal klaar.  My ma was baie kwaad vir my want op daai oomblik was sy vir my so snaaks ek kon nie my lag hou nie, en almal om my kry die arme kind so jammer jy sien net trane en tissues.  Ek het nie gelag omdat ek met haar gebrek wou spot nie, daarmee het ek simpatie en ek het weereens besef hoeveel ek het om voor danbaar te wees, maar die situasie was vir my skreeu snaaks.

 

My swaer kan vreeslik met sy kruppelkriek skoonsus spot.  As ons iewers saam is waar die mense nie ons ken nie vertel hy altyd ek’s so ongeskik ek staan nie eers op as die dominie inkom nie.  Die mense kry my dan so jammer dat die man so met my spot, dis net nie waar nie. 

 

Dit is ongelukkig ook so dat die meerderheid van die samelewing dink as jy gestremd is, jy ook verstandelik gestremd is en dan is hulle baie verbaas as hulle agterkom dis eintlik net my lyf wat nie so lekker wil saamwerk nie.  Baie mense maak lekker paw-paws van hulself omdat hulle nie weet hoe om teenoor ‘n gestremde op te tree nie en dan byt ek natuurlik die situasie lekker uit tot my voordeel.

 

Aan die ander kant kry jy ook mense wie se gestremdheid vir hulle ‘n groot verleentheid is.  My ma wou 1 dag met ‘n vrou gesels oor haar gestremde dogter en toe kry die arme vrou amper ‘n oorval omdat my ma voor die dogter praat.  Sy’t duidelik nog nie vrede gemaak met haar situasie nie.

 

My 1 vriendin is ook vreeslik fyngevoelig oor haar gestremdheid en sy maak die lewe vir haarself en almal om haar vreeslik ongemaklik want jy’s nie altyd seker hoe gaan sy reageer nie.

 

Ek het ‘n vriend gehad wat spierdistrofie gehad het.  Die meeste mense wat die spesifieke spierdistrofie het wat hy gehad het word gewoonlik nie veel ouer as 16 nie.  Deur Genade en goeie versorging van sy ma het Kobus 24 of 25 geword.    Die laaste 3 jaar van sy lewe was hy bedlênd en was permanent op asemhalingsmajiene gekoppel en het buisvoeding gekry omdat hy nie kon sluk nie.  Partykeer het ek gewonder of dit regtig ‘n geval van genade was en of dit nie beter sou wees om hom te verlos van sy leiding nie, maar inn my lewe het ek nog nooit ‘n mens teegekom met soveel guts en lewensblyheid soos Kobus nie. Hy het dinge uit daaie bed gedoen wat meeste normale mense nie eers oor sal droom nie.  Hy was my inspirasie en as die lewe bietjie druk het ek altyd by hom gaan kuier.  Toe hy oorlede is het ek gedink ‘n stukkie van my is saam met hom dood.  Ek het met sy begrafnis so gehuil dat almal my op die ou end probeer troos het in plaas van sy familie.  Nie eers sy familie het soveel gehuil soos ek nie.  Ek het darem gesorg vir ‘n bietjie humor ook want omdat ek nie lekker deur my trane kon sien waar om te ry nie, toe ry ek teen ‘n glasdeur vas.  Gelukkig was dit safetyglass en het niemand seer gekry nie, maar ek dink dit het die kerk ‘n paar rand gekos om die deur reg te kry want die glas het lekker gespinnerak.

 

Ek erken ek het nie juis baie guts nie.  Ek sal nie sommer iets op my eie aanpak nie.  Ek’s heeltemal te bang vir mislukking en gooi sommer vinnig tou op as iets nie die 1ste keer uitwerk nie.  Miskien is dit eerder ‘n geval van min selfertroue, maar dis nou 1eienskap van myself wat erg op my spiere werk.  Ek’s ‘n follower, beslis nie ‘n leader nie.

 

Ek moet groet.  Dis amper tyd vir my weeklikse martelsessie by die fisio.  Lekker naweek.

 

 

Kategorië Uncategorized