Kruppelkriekkie Klets

Entries from November 2008

November 26, 2008 · 1 Kommentaar

kat2

Ek is nog steeds op elbow power, maar die keer is dit darem uit eie keuse.  Ek kon gister al my stoel gekry het, maar ek het gevra dat die sitplek bietjie breër gemaak word. My gewone stoel waarop ek nou ry is bietjie breër as my Ferrari en ek sit heelwat gemakliker.  Ek het nooit gedink ‘n paar cm sal so groot verskil maak nie.

Ek was eers half benoud om te vra want ek het gedink dit gaan my weer ‘n fortuin kos, maar toe darem nie.  Ek’s mal oor die boetietjie wat aan die stoele werk, hy is regtig nie daarop uit om geld te maak nie, en dan is hy nog so cute ook.  Altyd gaaf en vriendelik en bereid om te help.  Ongelukkig is sy kollega net mooi die teenoorgestelde.  Ek het lanklaas in my lewe so ongeskikte pyn in die gat siel teëgekom.  Ek praat net met hom oor die foon dan is ek sommer opslag opgeruk.  Dis darem nog net 3 slapies tot Saterdag

dan is ek weer behoorlik mobile.

 

Ek en Maggie en Virginia het môre-aand ons eie “jaareind-funksie”.  Ek het besluit aangesien ek nie werk nie treat ek maar myself en Maggie.  Maggie is mal oor die Spur, so ons gaan elke jaar Spur toe.  Sy weet van ‘n ander plek nie en Virginia nog minder want die Spur hier naby ons het lekker speelplek vir die kiddies.

 

Van Vrydag af hoef die kiddies nie meer skool te gaan nie, so Virginia gaan sommer al Vrydag na haar Ouma toe vir die vakansie.  Die kinders het darem lekker deesdae.  Toe ek op skool was, moes ons tot die laaste minuut skoolgaan.  In matriek is ons gestraf omdat ons 1 dag afgevat het.

 

Ek het gister Virginia so jammer gekry.  Sy wil vreeslik graag die see sien,  Ek sê toe die see en ‘n rolstoel werk nie lekker saam nie want dis ‘n stryd om in die sand te beweeg.  Toe Virginia wakker word gister-oggend sê sy vir Maggie sy wens ek kon loop sodat ons kan see toe gaan.  Ai wat antwoord mens nou op so iets….?

 

Hierdie is my laaste klets vir die week.  Gesels weer Maandag.

Kategorië Uncategorized

Odd things about me…

November 25, 2008 · 3 Kommentaar

 ODD Things about me!
1. Do you like blue cheese?  Nee 

2. Have you ever smoked Heroin? Nee   

3. Do you own a gun? Nee    

 4. Wax or Shave your body parts?  Skeer

 5. Do you get nervous before doctor appointments ?  Hang af waarvoor ek die dokter gaan sien

 6. Real or fake nails? My eie regtige naels

 7. Favourite Christmas song?  Little drummer boy

 8. Can you do push ups with one hand?  Nee 

 9.Current ringtone?    Forgiveniss – Steve Hofmeyr

 10. What’s your favourite piece of jewellery?  Enige horlosie

 11.Most attractive feature?   Volgens my is ek als behalwe aantreklik

 12. Do you have ADD?  (Attention deficit disorder) Nee

13. What’s one trait that you hate about yourself?    Om oorgewig te wees

 14. First Name?  Marelize

 15. Drinks you regularly drink?  Coke Zero

 16. Current worry right now?   Geld

 17. Current hate right now?    Om sonder my rolstoel te wees

  18. Favourite place to be right now?    Enige shopping maal sal doen

19. How did you bring in the New Year?       HA HA HA GESLAAP..

 20. Like to go?  Verstaan nie die vraag nie, maar ek wil altyd oral gaan

 21. Name three people who will complete this :  Petro, Wippie, Pikkelik

  22. What are you wearing right now?   Geel T-shirt en navy short

23. Do you like sleeping on satin sheets?  Nee, maar wil nog eendag probeer

 24.. Can you whistle?   Ja, maar erg vals

 25. Favourite colour?      Blou

 26. Would you be a pirate?   Nee heeltemal te geweldadig

  27. What songs do you sing in the shower?   Shower nie

28. Favourite girl’s name?    weet nie

  29. Favourite boy’s name?     Weet nie

  30. What’s in your pocket right now?     Niks

31. Last thing that made you laugh?    Maggie

 32 v. Worst injury you’ve ever had?     Het by die rolstoel lift by die fliek afgeval

  33. Do you love where you live?   Jip

 34. How many TV’s do you have in your house?   1

 35. Who is your loudest friend?     My skoonsussie Cathy

36. How many pets do you have?    6 – Pug, 2 Poedels, Yorkie-malteesX, Worshond-jack russelX, Kokketiel

37. Does someone have a crush on you? So gelukkie sal my tog nie tref nie 

38. What is your favourite magazine?    Enige iets waar Steve in is, is vir daai week my favourite

  39. What is your favourite candy?    Daar’s baie, maar as ek rerig moet kies is dit seker Smarties

 40. Favorite Sports Team?     Die span met die sexyste lywe.

 41. Best bed sheets as a kid?     Dink nie ek het ‘n gunsteling gehad nie

  42. What was the first thing you thought of when you woke up?   Wens my stoel was al reg

 43.Best set of clothing in wardrobe?  Het nie so iets nie

 44. Do you play an instrument?  Nee

 45. How long does it take you to get to work?  Werk nie

 46. Plans for the weekend?      Gaan Saterdag my stoel haal en vir die familie kuier

 47. If you could eat anything in the world right this second?   Pannekoek

 48.  What is your favorite song right now:    Steve en Bok van Blerk se Pa en seun

Kategorië Uncategorized

Elbow power

November 24, 2008 · 2 Kommentaar

Vandag klets ek bietjie later as gewoonlik want ek moes eers al my programme klaar terug laai op die rekenaar.  My arme tafel was so vol goed daar was nie plek vir’n muis nie.  Nou lyk dit darem al stukke beter.

 

Ek is al van Vrydag-middag af op elbow power.  My ferrari is in vir repairs.  Ek weet nie wat se pyn het die dimg nou weer nie, maar toe ek Vrydag vir Virginia by die skool gaan haal het hy met sy streke begin.  Hy wil net links ry en sy motor’s word vuur warm.  Die kabel wat van die kontrole boks na die motors loop het so warm geword dat dit my brand.

Ek was benoud ek gaan dit nie maak tot by die huis nie, maar my beskermengeltjies het weer oortyd gewerk.  My ma voel toe aan die motors en die linker een was so warm dat dit haar ‘n blaas gebrand het.  Die stoel het al ‘n vorige keer ook so gemaak, maar ek het gedink dit was omdat ek die spesifieke dag vreeslik ver gery het, maar die motors het nie naastenby so warm geword soos Vrydag nie.

 

es1Sondag was dit Steve se fanclub dag.  Dit was vir my maar effe goor want ek moes met die gewone stoel gaan en ek kon nie so lekker rondrits soos gewoonlik nie.  Maar dit was lekker om Steve weer te sien.  Hy is maar nog sy ou self.  Ek kon dit nie glo nie, maar Natasha was ook daar vir ‘n rukkie.  Ek moet sê sy’s ‘n baie beter mens as ek.  Ek weet nie of ek so iets sou doen as ek in haar posisie was nie.

 

Hier is alweer ‘n donderstorm aan die opsteek, so ek groet ees weer.

Kategorië Uncategorized

Verandering

November 21, 2008 · 2 Kommentaar

Ek het gesê ek klets Woensdag weer, maar toe het my rekenaar ander planne.  Dinsdag toe ek dit aansit, kry ek net ‘n pikswart skerm met  ‘n onverstaanbare boodskap.  Al wat ek daarvan verstaan het was iets van boot failure.  Ek het sommer in angs sweet uitgeslaan want al my Avon bestellings is nou daarmee heen en ek het geen idee wie wat bestel het nie.  En soos die duiwel dit wil hê is my swaer wat my gewoonlik help in die Kaap.  Na wat vir my soos ‘n leeftyd gevoel het, kon ek uiteindelik my docs terug kry en op die eksterne hardeskyf stoor.  Toe’s die arme rekenaar se koppie so deurmekaar dat ek die hardeskyf moes format en als oorlaai.  Ek is toe so vies vir Vista want die ding het kort-kort een of ander pyn dat ek maar weer Windows XP gelaai het.  Ek dink ek het in daai uur of 2 sommer 10 jaar ouer geword.

 

dscf1278Woensdag-oggend het ek en my hare weer ‘n geveg gehad en net daar en dan besluit ek dis tyd vir verandering.  Na ek omtrent ‘n hartstilstand gekry het oor die pryse, is ek hier weg om my hare te gaan perm.  Die haarkapper was eers nie vreeslik lus om my te help nie want ek het altyd ‘n probleem om by die wasbak by te kom, maar die tantetjie het seker gesien hierdie Kruppelkriek is vas van plan om hare te perm en hulle het my toe gehelp en dit was toe op die ou end nie so vreeslike issue nie.  Ek het voor-oor oor die wasbak geleen.

 

Toe ek myself in die spieël bekyk was ek erg benoud want toe lyk ek soos ‘n franse poedel wat met elektrisiteit kennis gemaak het.  Terwyl sy my hare blaas vra sy of ek iemand by die huis het wat my help.  Ek vertel haar toe van Maggie.  O, sê sy, sy’t gesien toe ek inkom ek lyk baie goed versorg.  Ek wou eers my stert in ‘n krul ruk en vra wat sy nou eintlik vir my wil sê, maar besluit toe dis nie die moeite werd nie, maar dit tickle my nogsteeds wat sy nou entlik bedoel het.

 

Ek het ‘n erg bedrywige naweek wat wag, so ek gaan eers groet.  Lekker naweek.

Kategorië Uncategorized

Maandag

November 17, 2008 · Lewer Kommentaar

Aandag, aandag, dis vandag heeldag Maandag…. En ek het geen idee waaroor om vandag te klets nie…

 

Ek het Vrydagmiddag, my jaarlikse stort gekry.  Ek het soos in papsop nat gereën  Ek het vir ‘n vriendin gaan kuier.  Haar man het met haar heksleutel werk toe gegaan en toe kan ek nie in kom nie.  Ons kuier toe maar so aan weerskante van die hek.  Ek dink die mense wat in die straat verby gery het, het seker gedink, haai shame, die 2 is nie net kruppel nie, hulle koppies raas ook erg.  Ons gesels nog so lekker en die volgende oomblik begin dit emmers vol reën en glo dit of nie, maar toe ek by die huis kom toe hou dit op.

 

Ek’s net bly my stoel se koppie het hom nie gelos van die water nie.  Dit het al gebeur dat daar water in sy kontrole boks ingegaan het en toe raak sy koppie erg deurmekaar.  As ek wou vorentoe ry het hy sommer al in die rondte gedraai.

 

Saterdag het ek my gunsteling tydverdryf beoefen en die winkels ingevaar.  Dis moeilk om te glo maar my totale aankope vir die dag was ‘n pakkie emoryboards wat ek vir scrapbooking wil gebruik.

 

Môre gaan ek weer bietjie scrapbook klas toe vir ‘n slag, dis nou as dit nie reën nie.

Klets weer Woensdag.image0161616

Kategorië Uncategorized

Woef praatjies

November 14, 2008 · Lewer Kommentaar

Ons het gister-aand die MOEDER van donderstorms hier gehad.  Dis die eerste keer van ons hier in Pretoria bly dat die weer so swaar is hier.  Toe ons in Schoemansville gebly het was dit redelik algemeen want die weer en die berg het alewig ‘n geveg gehad.

Daar is min dinge waarvoor ek banger is as swaar weer.  Ek’s baie dankbaar ek het nie in die Voortrekkers se tyd geleef waar hulle net ossewaentjies gehad het as beskerming, om nie eers te praat van Jan van Riebeeck se skippies nie.  Ek sou sommer gedooi het van angs.  ‘n Vriend van my ma-hulle is nog ‘n skoot erger as ek.  Hy is so bang vir die weer dat hy in sy huis se gang gaan sit met ‘n kombers oor sy kop en dan vat hy die hond en die kat saam vir geselskap.  Dan sit die 3tjies van hulle daar tot die weer opklaar.  Ek skat die oompie is redelik uitgeput vandag want die storm was ‘n hele ruk aan die gang.

 

dscf1241Cebella van jou comment ly ek af jy het ook ‘n pug of het al 1 gehad.  Dit is snaakse wesentjies.  Hulle kruip pens en pootjies onder jou vel en in jou hart in.   As mens eers 1 keer 1 gehad het kan jy nie sommer maklik weer sonder 1 wees nie.  Na ek my pug moes laat uitsit, het ek ‘n yorke-maltees kruising gekry en ek het gedink sy sou die gat in my hart kon heelmaak, maar dit wou nie werk nie.  Dis eers nadat ek ‘n jaar later vir Elvis gekry het dat ek nie my Pikkie so vreeslik gemis het nie.  Pugs sal defnitief nie ‘n kompetiesie kan wen vir die mooiste of slimste hond nie, maar hulle persoonlikhede maak dubbel en dwars daarvoor op.  Ek het eendag na ‘n praatjie oor die radio geluister en daarvolgens is pugs die 8ste domste hond in die wêreld.  Hoe hulle dit bepaal het weet ek nie, maar partykeer stem ek nogal saam.

 

Ek is erg vies vir myself.  Ek het vanoggend gaan airtime koop en iewers langs die pad het ek R10 verloor.  Dit gebeur as mens te lui is om jou beursie saam te vat en sommer die geld in jou hand hou.  Ek hoop net die 1 wat dit opgetel het, het dit regtig nodig.

 

Dis seker nou genoeg woef praatjies vir eers.  Geniet die naweek.  Kyk net hoe lekker lê Elvis en slaap.

dscf1172

Kategorië Uncategorized

Kuifie en Elvis

November 13, 2008 · Lewer Kommentaar

Dankie vir al die spoeg en plak komplimente.  Die gier het my nou weer behoorlik beetgepak.  As jt lank genoeg by my stilstaan pak ek jou ook iewers teen ‘n ding vas as jy nie pasop nie.  Ek geniet my gate uit, maar dis vir my erg frustrerend dat ek nie kan sny om mylewe te red nie.  As daar iets is wat uitgesny moet word, moet ek eers wag tot my ma van die werk af kom voor ek kan aangaan. 

 

dscf1238Kuifie het gister-aand besluit Elvis se rug is net die regte sitplek vir hom.  Arme Elvis het nir baie mooi geweet wat om met hierdie gedoente op sy rug te maak nie en hy was nie vreeslik beïndruk met sy passasier nie.  Ek was so bang ek mis die oomblik dat ek toe skoon vergeet om die flash aan te sit.  Ek was sommer vies vir myself, maar die foto’s het darem nie te sleg uitgekom nie.  Ek twyfel of ek die 2 ooit weer so sal kry. Elvis is nou baie versigtig vir Kuifie.  As dit net lyk of hy nader kom begin Ellie al hol.

 

Ek gaan nou eers weer bietjie spoeg en plak.  Klets weer môre.

dscf12371dscf1239

Kategorië Uncategorized

Spoeg en plak pogings

November 12, 2008 · Lewer Kommentaar

Toe my oë so seer was, het ek gespoeg en plak dat dit klap.  Dis al wat ek kon doen, behalwe natuurlik slaap, wat nie baie stremming op my oë gesit het nie.  Ek is besig om vir my pa ‘n album te maak van sy 60ste verjaardag partytjie.  Hier’s 2 van my persoonlike gunstelinge. 

foto2foto1

 

Ek hoop maar hulle sal ook daarvan hou en nie dink dis te bont nie.  Ek is mal oor bont goed, maar dit val nie altyd in almal se smaak nie.  Ek hoop maar hulle sal van die album hou en dat ek nou nie al die moeite doen en dan gooi hulle dit in ‘n hoekie neer om stof te versamel nie.

 

dscf0883Ek sien die huisgenoot het alweer ‘n eier te lê oor Steve.  Ek keer nog steeds nie goed wat hy gedoen het nie, maar ek wens die media wil nou die arme mense uitlos dat hulle in vrede hulle lewens kan uitsorteer.  ‘n Skeisaak is al erg genoeg op sy eie, maar die media maak dit 10 keer erger.  Dan verdraai hulle ook nog die feite om die storie nog meer sappig te maak.

 

Ek begin eintlik jammer voel vir arme Steve,  alhoewel hy dit als oor homself gebring het.  Nou is hy sy vrou en al die skelmpies kwyt en dit net omdat hy nie sy oorywerige drange in toom kan hou nie.  Nie dat ek dink hy sal sukkel om weer ‘n girl of 3 te kry nie.  Daar is baie poppies daarbuite wat maar te gewillig sal wees…. En selfs ‘n paar ouer tannies ook.  Nou dat hulle weet hy’s beskikbaar gaan die vrouens hom weer met mag en mening jag.

 

Ek kon nog nie veel uitrig in my posboks nie, so ek gaan nou eers weer ‘n poging aanwend.

Kategorië Uncategorized

‘n Hele 1000 hits

November 11, 2008 · Lewer Kommentaar

Ek begin dit ernstig oorweeg om vir my Kalahari Ferrari flippers of rooispane te laat aansit met al die reën.  

 

Ek het gister eers gesien dat ek al meer as 1000 hits het.  WOW…. Ek het op ‘n stadium nie eers gedink ek gaan 100 kry nie, wat nog te sê ‘n hele 1000.  Duisend dankies aan almal wat by my kom inloer.  Dit laat my kriek-hartjie sommer lekker warm klop om te weet daar’s iemand wat belangstel in wat ek te sê het.

 

dscf1211Virginia het gister ‘n meriete sertifikaat gekry by die prysuitdeling.  Gelukkig was sy nie hierdie jaar so teleurgesteld soos laasjaar nie.  Sy het om een of ander onverklaarbare rede gedink sy gaan ‘n kitaar by die prysuitdeling kry.  Sy was erg omgekrap omdat sy net ‘n sertifikaat gekry het.  Sy wou baie verontwaardig weet wat moet sy nou met ‘n simpel stuk papier doen.

 

p1010635Kyk net hierdie oulike thingie wat ek vir my kamera gekry het.  Ek het gesukkel om die kamera vasgehou te kry met hierdie kruppelkloutjies van my.  Ek wou eers vir my ‘n groot tripod koop, maar dit sou nie my probleem omgelos het nie.  Hulle is heeltemal te groot en swaar na my sin en daar is geen manier dat ek 100de rande gaan uitgee op so stokstywe gedoente wat lyk of hy ‘n hele bottel Viagra in het nie.dscf1224

 

Toe ek die thingie kry, by Dischem nogal, het dit gevoel of ek die jackpot gewen het want dit was net die ding wat my kamera-probleem sou oplos.  Die beste van als is hy was nog goedkoop ook.  Vir my is hy elke sent van die R50 werd.

 

Ek beter nou groet anders kom ek weer nie by die Avon bestelling uit wat ek eintlik al gister moes doen nie.

 

Kategorië Uncategorized

Op die been

November 10, 2008 · Lewer Kommentaar

dscf11551

Op die been is seker nou nie heeltemal van toepassing op my nie, maar op die wiel klink bietjie onvars. Ek weet nie wie’s die blyste dat ek op is nie.  Ek self, Maggie of die voëlie.  Maggie het my sommer vroeg-vroeg al gestuur om haar banksake te gaan doen.  Dit het skoon vreemd gevoel om weer by die erf uit te gaan.  Vir ‘n hele 2 weke was ek nie verder as die hek nie.  Dit was blykbaar Saterdag oor die nuus dat daar ‘n waterpokkie epidemie in Pretoria is en dat mense wat dit het asb by hulle huise moet bly. 

 

Wel myne is seker nog nie 100% weg nie want ek het nog baie merkies en rofies, maar gelukkig steek die klere dit weg.  Ek het regtig nou nie ‘n saak hoeveel mense ek aansteek nie.  As ek nog ‘n dag langer in die huis moet bly saag ek my polse met ‘n stomp mes af.  Twee buisies oogsalf  en antibiotika later, lyk my oë darem weer normaal.  Ek was half benoud dat hulle vir altyd gaan lyk of ek ‘n hengse rowwe party agter die rug het.  Hulle is nog nie baie gelukkig met die rekenaar saam nie, maar hulle sal darem die klets sessie oorleef.

 

Ek moet net eers ons Stadsraad se wonderlike diens met julle deel.  Met verledeweek se windstorm het ‘n boom in die bure se erf omgewaai en hulle kragdrade afgeval.  Hulle is toe 2 dae sonder krag.  Nie dat dit vir hulle iets snaaks is nie want hulle krag word redelik gereeld afgesny omdat hulle nie betaal nie.  My ma bel Sondag die stadsraad om dit te rapporteer.  Na omtrent ‘n uur se gesukkel met die tjoklitsmurfet het sy uiteindelik ‘n verwysingsno. Volgens Smurfet bestaan daar nie ‘n plek soos Villieria nie, maar na ‘n lang gesukkel is ons toe nou uiteindelik op die map.  Ek dink my ma se tande was daarna ‘n paar cm korter van frustrasie.  Maandag kom sê die stadsraad hulle kry niks fout by die kragpaal in die straat nie.  Intussen lê die boom wat omgeval het en die kragdraad wat af is lewensgroot in die buurman se erf. 

 

Glo dit of nie, maar Dinsdag oggend 00:30 kom maak hulle die draad reg.  Ek dog die oordeelsdag het aangebreek want ek word wakker en dis net ligte waar jy kyk om van die lawaai nie eers te praat nie.  Ek het myself belowe as ek ooit weer moet trek soek ek beslis nie weer ‘n kamer wat amper in die straat is nie.  Oor die algemeen kan tjoklitsmurfies nie sag praat nie, maardaai tyd van die oggend klink dit of hulle almal mry ‘n megafoon praat.  Tot die polisie was later hier om te kom kyk wat gaan aan.  Ek was bevrees dat hulle die boom ook daai tyd van die nag gaan opsaag en ek weet nie of ek die geraas sou oorleef nie, maar gelukkig het hulle dit in die dag kom doen.

 

Ek’s nou nie snaaks nie, maar ek’s doodseker dis net in Suid-Afrika wat so iets gebeur.  As dit nou by ‘n hospitaal of so was kon ek dit dalk nog verstaan, maar hulle het 2 volle dae gehad om dit te doen.  Hoekom dit nou daai tyd vsn diee nag moes gebeur kon ek nog nie uitwerk nie.

 

Ek gaan nou eers bietjie in my posboks loer.  Daar is so baie boodskappe, ek glo nie ek gaan hierdie jaar nog deur als kom nie.

 

 

Kategorië Uncategorized