Uiteindelik kry ek weer ‘n klets kansie. Die afgelope 2 weke was dit erger as Germiston-stasie hier by my. Ek weet ek moenie kla oor kuiermense nie, maar wat te erg is is darem te erg.
Dankie vir almal wat nog steeds kom inloer het, al was daar niks nuuts op die menu nie. Dit laat my ou kriek-hartjie sommer warm klop.
Iemand wat saam my ma werk se dogter is in die Hoërskool so 2 blokke van ons huis af. Sy het elke dag as sy klaar eksamen geskryf het hierheen gekom tot haar pa van die werk af kom. Normaalweg het sy ‘n ander saamry geleentheid maar nou met die eksamen skryf almal nie op dieselfde dae en tye nie. Deesdae se kiddies het darem maar lekker. Toe ek op skool was moes ons tot die laaste minuut by die skool bly, of ons nou eksamen geskryf het of nie.
Dis lekker om elke dag geselskap te hê maar ek is dankbaar ek het weer bietjie me time. Ek het veral my kletssessies baie gemis. Dit is nou maar een maal ‘n feit soos ‘n koei, as die blog-gogga eers gebyt het, raak jy nie weer daarvan ontslae nie.
Ek weet dis nou al 2 weke later, maar baie dankie vir die verjaardag wense, Waardeer dit baie. Ek het ‘n baie uitputtende, maar wonderlike verjaardag gehad. Daar word altyd gepraat van die swartes wat lank kan begrafnis hou, maar ek dink my verjaardae val in dieselfde liga. Ek spot dat ek volgende jaar ‘n tafel met eetgoed buite die hek gaan los met ‘n kennisgewing wat sê: “Los persente op die tafel, vat jou eetgoed en gaan huis toe”.
Behalwe vir my voet wat nog in gips was, was hierdie die 1ste jaar in ‘n baie lang tyd wat ek nie siek was met my verjaardag nie. Ek is tot in die afgrond in bederf deur die BESTE swaer en sussie in die wêreld. Ek het ‘n platskerm TV gekry wat ek sommer vir ‘n rekenaar skerm kan gebruik en ek kan wii in my kamer speel sonder’n Oompie op my case. En ek het ‘n HD PVR saam met die TV gekry. Ek was so bly dat ek sommer begin huil het van blydskap. Dis nou nadat ek amper vir arme Diefie verwurg het soos julle op die foto kan sien. Kyk net asb. al die vet rolle mis.
Gelukkig het die kamera gestrike toe die trane begin rol. Ek het dit glad nie verwag nie. Om die waarheid te sê ek was onder die indruk die wii wat hulle so ruk terug vir my gegee het was my geskenk.
Eintlik sit ons nou met ‘n baie komieklike situasie want ek het nou ‘n baie grand PVR en TV, maar ek het nie geld om die PVR te laat installeer nie. Ons skottel is nog van die heel eerstes wat uitgekom het en glad nie PVR friendly nie. Ek weet my swaer sal vir my die R1600 leen om dit te laat doen, maar ek voel te sleg om daarvoor te vra want hy doen alreeds so baie vir my. Ek sal seker ook nie doodgaan as ek nog ‘n paar maande die ou dekodeerder gebruik nie.
Voor ek geweet het van die verandering wat op die skottel gedoen moet word, bestudeer ek die PVR se boek en besluit dit lyk maklik genoeg om dit self te doen. Ek aktiveer die nuwe simkaart en elke ding net om te ontdek al my moeite is verniet. Ek was lekker vies vir myself.
Dit was omtrent ‘n organisasie operasie om vir als plek te kry op my lessenaar. Nes ek dink ek kan nou oral bykom by als, dan is die drade te kort of as al die drade bykom kan ek nie als bykry wat ek moet nie. Na omtrent 3 dae se rangskik en herrangskik het als uiteindelik ‘n gatjie gekry en kon ek oral bykom. Dit het amper in ‘n ramp ontaard want ek het heeltemal vergeet dat my printer se onderstedeel los is. Toe ek dit optel gly dit uit my hande uit en maak met ‘n slag met moeder-aarde kennis. My hart het amper gaan staan want ek was oortuig die printer is nou daarmee heen, maar duidelik is dit sterker as wat ek gedink het. Behalwe vir ‘n lelike merk op die deksel is daar darem niks fout nie.
My voet het darem ook intussen uit die gips gekom. Alhoewel dit nog heeltemal te stadig is na my sin, gaan dit elke dag bietjie makliker. Dit sou seker ook heelwat beter gegaan het as dit nie so vrek koud was nie, maar nou ja, that’s the joys of winter.
Ai, vader Tyd is alweer besig om vir my weg te hol.
Kriekgroete tot ‘n volgende keer.

2 responses so far ↓
maxie // Julie 1, 2009 at 8:25 nm |
“Los persente op die tafel, vat jou eetgoed en gaan huis toe”.
Dis vreksnaaks!
Ek is so bly jy het ‘n wonderlike verjaarsdag gehad! Jou mense is duidelik baie lief vir jou.
Hmm.. ons moes ook altyd by die skool bly na eksamens, dit was goor.
boebelaberry // Julie 2, 2009 at 10:32 vm |
Ja, sou wat wou gee om so swaer te he. Hy is darem goud werd ne!!!!!!! Jou verjaarsdag was lekker en dankie aan Retha vir al die lekker eetgoed. Sy mag maar.