Kruppelkriekkie Klets

Entries from Julie 2009

Julie 27, 2009 · Lewer Kommentaar

Wat ‘n mens tog nie als vir jou kinders sal op offer nie…?
Die ergste van als is myne is nie eers mense kinders nie, maar voëltjie kinders.

Hulle het my al 2 muise en ‘n keybord gekos. Die modem kon ek darem betyds red. Nou het ek al wat ‘n draad toegemaak met cable tidy kits. Toe kom voël se kind agter sy bekkie gaan lekker tussen die openinge van die plastiek omhulsels in en voor ek kon keer het my nuwe muis ook deurgeloop, maar darem nie stukkend nie. En dan praat ek nog nie eers van al die foto’s en ander papiere wat al opgevreet is nie. Hulle all time favourite is speelgoed ogies. Ek het die oulikste hondjie selfoon sakkie gekry en skoon vergeet van hulle voorliefde toe ek dit op die lesseenaar neersit. Nou het ek ‘n blinde hond. Ek weet ook nie waar die ogies heen verdwyn het nie want ek kon dit nêrens kry nie. Tot dusver het die voëls nog niks oorgekom nie en dit was nou al ‘n hele paar maande terug dat die arme hond deurgeloop het.

Ek het die voëls al so gekiet in die hoop dat hulle sal ophou, maar niks help nie. Hulle het ‘n hele bak vol speelgoed en hulle eie stukkende muis, maar hulle steur hulle nie juis daaraan nie.

Nou het ek vir my 1 van daai rubber keybords gekry en tot dusver is dit voëlbestand. Die lekkeste is dat mens dit met ‘n natlap kan afvee om ontslae te raak van al die ongewenste geskenkies wat hulle so vrygewig agter laat.

Al wat ek glad nie van hou van die rubber keybord nie, is dat dit glad nie lekker tik nie. Mens moet baie harder op die toetse druk om reaksie te kry.
Die e-mail program wat ek gebruik klink soos ‘n ou tikmasjien terwyl mens tik. Nou doen ek maar die meeste van my tikwerk daarin, dan kan ek ten minste hoor as ek ‘n letter of ‘n spasie mis.

Ja, ek weet daar’s ‘n baie eenvoudige oplossing vir die probleem, maar ek kan dit nie oor my hart kry om my voëlies heeldag in die hok te los nie.

DSCF1068

Kategorië Uncategorized

Laat mens dink

Julie 23, 2009 · 2 Kommentaar

Hierdie het seker al in jou posboks beland, maar dit is so ‘n groot waarheid.

When you have to put up with mean people,
Think of them as sandpaper.
They may scratch you,
Rub you the wrong way
But eventually…

YOU end up smooth & polished

And the sandpaper….?
It’ll be worn out & ugly!

Makes you think, doesn’t it?

Kategorië Uncategorized

Kriekkie beleef Chinatown

Julie 20, 2009 · 2 Kommentaar

china

Ek was verlede week China town toe saam met ‘n vriendin. Ek het vreeslik uitgesien na die uitstappie want ek het al so baie van die plek gehoor maar nog nooit die geleentheid gehad om te gaan nie.

Ek was so opgewonde dat ek die vorige nag nie ‘n oog toegemaak het nie. Ek het net al die scrapbook goed ‘gesien’ wat ek gaan koop.

Doodmoeg vaar ons die plek binne. Ek is sommer op die plek erg teleurgesteld want die winkeltjies is so vol en klein dat ‘n rolstoel glad nie daar kan in nie. Om te vra waarvoor jy soek werk ook nie want hulle verstaan nie juis engels nie en ek verstaan nie tjieng-tjong nie.

Een ding wat darem opgemaak het, is dat die goed daar regtig spotgoedkoop is. Ek het bv. ‘n Verimark produk wat vir R200 verkoop word in die winkels daar vir R35 gekoop. En dit werk presies dieselfde as die R200 een.

Al wat ek kon kry was die dubblesided tape wat ek gebruik om te spoeg en plak. Normaalwag betaal jy so R8 daarvoor in die winkels en ek het dit gekry vir R2-50 ‘n rolletjie.

Daar was ‘n paar skoene wat ek wou hê vir R130, maar hulle het nie my nommer gehad nie. By die vlooimark naby ons verkoop hulle dieselfde skoene vir R250. Dis eintlik scary om te dink hoeveel wins die winkels by sit.

Op die ou end was ek eintlik baie bly ek kon nie regtig shop nie want ek het nie regtig geld gehad nie. Ek het die geld waarmee ek my Avon rekening moes betaal saam gevat. Ek kon toe darem my Avon gaan betaal sonder om te worry oor waar ek die geld sou kry.

Daar is nou nog heelwat sulke plekke waarheen ons ook wil gaan. Die tannie waar ek elke week gaan spoeg en plak het gesê sy sal saam gaan en vir my al die plekke gaan wys waar sy aankope vir die winkel doen. Haar man het nogal vir my gesê die een plek is beter as die ander, maar toe ens daar is kon ek om die dood nie onthou waarheen het hy gesê ons moet gaan nie. Duidelik was ons toe by die verkeerde een waar ons nie moes wees nie.

Ons middag-ete was ook nogal intressant. daar is net Chinese kos en weereens was komminikasie ‘n effense probleem. Op die ou end was dit toe nou heel lekker al was dit bietjie volksvreemd soos Oubaas sal sê.

Kyk ek nie snaaks nie, maar ek sal nooit weer kla oor Pretoria se koue nie. Ek het amper verkluim daar in Johannesburg. Ek wil beslis weer gaan om die ander plekke te ondersoek, maar dit sal defnitief in die mid-somer wees. As hier enige Johannesburgers hier kom kuier….. Inige simpatie van my kant af. Nee wag, ek kry sommer weer van voor af koud net om daar-aan te dink.

Fluit-fluit my storie is vir eers uit.

Kategorië Uncategorized

Kriekkie verjaar

Julie 15, 2009 · 3 Kommentaar

bb
Vandag klop my kriek hartjie sommer baie warm. Dit is presies ‘n jaar terug wat ek die 1ste keer hier kom klets het.Toe het ek gedink as 10 mense hier kom inloer sal ek heeltemal gelukkg wees. Ek het nooit gedink ek sal 3000 hits kry nie. Nou is dit al 103 inskrywings later waarin ek kon klae en kerm, lag en huil of sommer n klets vir die lekker. Ek het elke oomblik daarvan gate uit geniet.

Dankie vir almal wat die afgelope jaar ‘n draai in my lewe kom maak het en diep spore in my hart kom los het. Al was dit net ‘n vinnige ‘hallo’ het dit nog steeds vir my baie beteken.

Ek moet groot askies vra dat ek nie gereeld op julle blogs kom kuier nie. Om een of ander rede hou ek nie daarvan om blogs te lees nie, maar ek’s mal daaroor om dit te skryf, of eerder, ek’s mal daaroor om dit te tik. Ek’s baie dankbaar mense is nie almal deselfde nie, As almal soos ek was sou ek nog nie eers 100 hits gehad het nie.

Dis seker simpel maar eks erg trots op my 3000 hits. As ek die dag 10 000 haal soos van die ander by wie ek al gaan kuier het, weet ek nie hoe gaan ek dan voel as dit nou al voel of ek die jackpot gewen het nie.

O genugtig, dit klink of ek besig is met een of ander afskeidsboodskap. Wees verseker, ek is beslis nie besig om afskeid te neem nie. Hierdie Kruppelkriekkie is hier om te bly. Ek gaan nog boeke vol skryf, damme vol huil, kratte vol klae en sommer baie lag. Nou klink ek weer soos die Kyknet advertensie advertensie, so ek beter groet voor ek klink soos ‘n grammefoon plaat wat vashak.

Kategorië Uncategorized

Nataniël en Mev. Veiling

Julie 6, 2009 · 2 Kommentaar

Verlede Maandag bel ek my maatjie vir ‘n vinnige praatjie. Ek skrik my amper ‘n ander bloedgroep in toe ek hoor maatjie is in die hospitaal vir ‘n noodoperasie om ‘n abses te verwyder. My ooraktiewe verbeelding begin op die plek oortyd werk vir arme maatjie se part en ek sien al hoe gaan kuier ek in die hospitaal en elke ding. Intussentyd is dit toe nou glad nie so vreeslike gedoente nie en is maatjie so gou weer op die been dat ek toe nooit eers by ‘n kuier uitgekom het nie. Hoekom ek met so aktiewe verbeelding geseën is wat altyd die ergse verwag, sal ek ook nie weet nie, maar nou ja, ek sit nou maar eenmaal daarmee so ek moet dit nou maar opgebruik.

So 2 weke terug was ons by ‘n vertoning van Nataniël. Dit is ‘n onbskryflike belewenis. Mens lag jouselfsimpel vir die eentonige mannetjie. Volgens my moet almal ten minste 1 keer in jou lewe na hom gaan kyk want anders mis jy iets in jou lewe. Hierdie was my 3de keer.

Na die vertoning was daar ‘n veiling ten bate van liefdadigheid. My liewe swaer met sy groot hart is met R14 000 se goed daar weg. Hy het met die vrou gereël dat hy die volgende Saterdag hulle geld sou oorplaas in hulle bankrekening omdat hy die volgende week op kursus is en nie by die huis nie. Lyk my Mev. Veiling het net rande gesien en niks van die gesprek ingeneem nie want Dinsdag bel sy my want sy het nog nie swaer se geld gekry nie en sy kry hom nie in die hande nie. Ek verduidelik toe weer vir haar hy is op kursus en sal eers Saterdag tuis wees, maar ek gee toe in elk geval my sus se sel nommer vir haar. Sus verduidelik toe ook van die kursus en dat hy dan met hulle gereël het vir later betaling. Mev. Veiling stry vir lewe en dood sy weet niks van enige reëlings nie en sy sê my swaer sleg dat die see hom nie kan afwas nie. Dreig hulle met die polisie, maak hom uit vir ‘n dief en ‘n leunaar en ek weet nie wat nog nie. Gelukkig is sussie heeltemal te sag vir wat goed is vir haar en het nie so ‘n ywerige moermetertjie soos ek nie.

Toe ek hoor wat sy als kwytgeraak het wou ek met geweld en mag en mening vir Mev. Veiling gaan vertel wat dink ek van haar, maar het gelukkig daarteen besluit aangesien ek dit effe verloor as my moermeter eers op spoed is.

Toe swaer uiteindelik terug is by die huis het hy die geld inbetaal en vir Mev. ‘n e-mail gestuur waarin hy ‘n verskoning van haar eis omdat sy my sus so verskree het en hom so sleg gemaak het. Haar enigste reaksie was ‘n e-mail dat sy op aandrang van haar prokureur die saak as afgehandel beskou.

Ongelukkig is swaer op hierdie stadium baie besig en het nie regtig tyd om die saak verder te vat nie. Swaer was nogal van plan om ‘n maandelikse skenking vir liefdadigheid te maak, maar te danke aan Mev. Veiling is dit nou neusie verby.

Ek vertel nou die dag die veiling sage vir ‘n vriendin wat ook saam was na die vertoning toe. Toe sal ek hoor sy het ook onder Mev. Veiling deurgeloop. Mev. Veiling het die kaartjies by vriendin se werk gaan afgee en vra toe vir Vriendin of hulle maatskappy nie ‘n skenking kan maak vir liefdadigheid nie. Vriendin het toe ‘n mail gestuur aan die persone wat daarmee werk aangesien sy nie self enige sê het daaroor nie.

So 3 dae voor die vertoning gaan sien Mev. Veiling sommer die hoofbestuurder en eis die donasie wat Vriendin belowe het. Daar is vriendin toe sommer in die dogbox by die bestuurder want hoe durf sy donasies aan mense belowe sonder om dit met bestuur te reël.

Dit was baie beslis die laaste keer dat ek met Mev. Veiling en haar Events company iets te doen gehad het. Net jammer ek kan nie eers die plek se naam onthou nie, maar ek sal nou op my hoede wees.

Geniet die res van die week. Hopelik kry ek weer ‘n klets in voor die einde van die week, maar of Vadertyd my gaan toelaat sal ons maar moet sien.

Kategorië Uncategorized