Kruppelkriekkie Klets

Kriekkie verjaar

Julie 15, 2009 · 3 Kommentaar

bb
Vandag klop my kriek hartjie sommer baie warm. Dit is presies ‘n jaar terug wat ek die 1ste keer hier kom klets het.Toe het ek gedink as 10 mense hier kom inloer sal ek heeltemal gelukkg wees. Ek het nooit gedink ek sal 3000 hits kry nie. Nou is dit al 103 inskrywings later waarin ek kon klae en kerm, lag en huil of sommer n klets vir die lekker. Ek het elke oomblik daarvan gate uit geniet.

Dankie vir almal wat die afgelope jaar ‘n draai in my lewe kom maak het en diep spore in my hart kom los het. Al was dit net ‘n vinnige ‘hallo’ het dit nog steeds vir my baie beteken.

Ek moet groot askies vra dat ek nie gereeld op julle blogs kom kuier nie. Om een of ander rede hou ek nie daarvan om blogs te lees nie, maar ek’s mal daaroor om dit te skryf, of eerder, ek’s mal daaroor om dit te tik. Ek’s baie dankbaar mense is nie almal deselfde nie, As almal soos ek was sou ek nog nie eers 100 hits gehad het nie.

Dis seker simpel maar eks erg trots op my 3000 hits. As ek die dag 10 000 haal soos van die ander by wie ek al gaan kuier het, weet ek nie hoe gaan ek dan voel as dit nou al voel of ek die jackpot gewen het nie.

O genugtig, dit klink of ek besig is met een of ander afskeidsboodskap. Wees verseker, ek is beslis nie besig om afskeid te neem nie. Hierdie Kruppelkriekkie is hier om te bly. Ek gaan nog boeke vol skryf, damme vol huil, kratte vol klae en sommer baie lag. Nou klink ek weer soos die Kyknet advertensie advertensie, so ek beter groet voor ek klink soos ‘n grammefoon plaat wat vashak.

Kategoriƫ Uncategorized