Wat ‘n mens tog nie als vir jou kinders sal op offer nie…?
Die ergste van als is myne is nie eers mense kinders nie, maar voëltjie kinders.
Hulle het my al 2 muise en ‘n keybord gekos. Die modem kon ek darem betyds red. Nou het ek al wat ‘n draad toegemaak met cable tidy kits. Toe kom voël se kind agter sy bekkie gaan lekker tussen die openinge van die plastiek omhulsels in en voor ek kon keer het my nuwe muis ook deurgeloop, maar darem nie stukkend nie. En dan praat ek nog nie eers van al die foto’s en ander papiere wat al opgevreet is nie. Hulle all time favourite is speelgoed ogies. Ek het die oulikste hondjie selfoon sakkie gekry en skoon vergeet van hulle voorliefde toe ek dit op die lesseenaar neersit. Nou het ek ‘n blinde hond. Ek weet ook nie waar die ogies heen verdwyn het nie want ek kon dit nêrens kry nie. Tot dusver het die voëls nog niks oorgekom nie en dit was nou al ‘n hele paar maande terug dat die arme hond deurgeloop het.
Ek het die voëls al so gekiet in die hoop dat hulle sal ophou, maar niks help nie. Hulle het ‘n hele bak vol speelgoed en hulle eie stukkende muis, maar hulle steur hulle nie juis daaraan nie.
Nou het ek vir my 1 van daai rubber keybords gekry en tot dusver is dit voëlbestand. Die lekkeste is dat mens dit met ‘n natlap kan afvee om ontslae te raak van al die ongewenste geskenkies wat hulle so vrygewig agter laat.
Al wat ek glad nie van hou van die rubber keybord nie, is dat dit glad nie lekker tik nie. Mens moet baie harder op die toetse druk om reaksie te kry.
Die e-mail program wat ek gebruik klink soos ‘n ou tikmasjien terwyl mens tik. Nou doen ek maar die meeste van my tikwerk daarin, dan kan ek ten minste hoor as ek ‘n letter of ‘n spasie mis.
Ja, ek weet daar’s ‘n baie eenvoudige oplossing vir die probleem, maar ek kan dit nie oor my hart kry om my voëlies heeldag in die hok te los nie.
