Kruppelkriekkie Klets

Entries from Augustus 2009

Kriekkie is Crocks verkrik

Augustus 26, 2009 · 3 Kommentaar

Ek het in 1995 die 1ste keer met Crocks kennis gemaak toe ons vir my sussie in Nederland gaan kuier het. Ek kon nie dink dat enige mens wat al sy varkies op hok het sulke lelike skoene kan dra nie. Min het ek toe geweet dat ek vandag met ‘n hele versameling van my eie sou spog. ‘n Hele 10 paar om presies te wees.

Dit het eers ‘n hele paar later SA getref en dit was nog steeds vir my 1 te veel dat mense R100de rande betaal vir sulke lelike plastic skoene.

Op een van my window shopping uitstappies het ek die bontste bont paar fake Crocks gesien en het dit gaan aanpas, eintlik meer uit nuuskierigheid as iets anders.

Van toe af het ek nog nooit weer ander skoene gekoop nie. Ek moet darem net sê van my 10 paar is net 3 daarvan die ware Jakob want die goed kos ‘n arm en ‘n been. As dit ook nie was dat my voete wou vries in die winter en ek nêrens die met die wol in se fakes kon kry nie, sou ek nie die originals gekoop het nie.

Ek het nou die dag gedink ek wen die jackpot toe ek Crock boots op uitverkoping kry. Dit is nog steeds die duurste paar skoene wat ek ooit in my lewe gekoop het, maar gelukkig loop ek nie so my skoene hou letterlik ‘n leeftyd.
Net na ek die boots gekry het, het ek my voet verstuit en kon dit nog nie weer aankry nie, so dit sal nou maar moet wag tot volgende winter.

Tot my selfoon is ge-Crock. My sus het vir my die cutste Crocks selfoonhouer gegee. Ek het maar liewer nie gevra wat sy daarvoor betaal het nie want dit is nogal ‘n original. By die vlooimark word die fake selfoon houertjies vir R40 verkoop. Daar’s nie eers ‘n halwe kans dat ek soveel vir ‘n selfoon houer sal betaal nie, of dit nou original of fake is, dis net eenvoudig heeltemal te duur vir my bank balans.

Blykbaar kry mens oorsee Crocks klere ook, maar ek kan nie my potsierlike lyfie in so ‘n plastiek gewaad sien nie. Dit sal in elk geval ook nie rolstoel vriendelik wees nie. Dit sal vasklou aan die sitplek. In die winter behoort dit nogal lekker warm te wees, maar in die somer gaan jy vrek van die hitte.

Ag nou ja, op hierdie ge-Crock-te noot moet ek eers groet.

DSCF0162

Kategorië Uncategorized

Kriekkie en Ghapi

Augustus 18, 2009 · 2 Kommentaar

Kan julle ywerige bloggers asb. vir my die resep stuur hoe julle dit reg kry om elke dag te blog. Maak nie saak hoe hard ek probeer nie, ek kry dit nie reg nie. Dit is ongelukkig ‘n feit soos ‘n koei, spoed is nie ‘n kruppelkriekkie se sterk punt nie. Spoed is seker maar die groot probleem dat ek nie daarby uitkom nie. Ek was bietjie besig by die vet afdeling toe spoed uitgedeel is.

Nou die dag moet my ma skoene gaan haal by Woodlands Mall. Soos gewoonlik is ons laat en om tyd te spaar bly ek sommer in die kar sit

Toe ons in die parkeer in ry sien ek Ghapi se toerbus daar staan. Ek kry amper ‘n oorval van opgewondenheid en wil met alle geweld langs sy tjorrie gaan stop sodat ek met hom kan chat.

Ek’s eintlik mal oor sy boetie, Andries, maar as ek nou nie die hondjie kan kry nie, sal die halsbandjie ook doen.

My ma steur haar nie aan haar mal kind se performance nie en gaan stop skuins oorkant die Ghapi-bus. Ek kla steen en been, maar al wat wil luister is Moeder-lief. Sy is besig met operasie-skoene.

Ek is nog besig om myself te bejammer, toe kom my ma aangestap al geselsende met Ghapi aan haar sy. Mens so dink hy’s ‘n jarelange huisvriend soos die 2 aangaan. Ek is skoon stom van verbasing en hap bubbles soos ‘n vis op droë grond.

Toe my brein uiteindelik weer in rat kom vra ek sommer die 1ste ding wat in my kop kom. “Hoe kam jy jou hare?” Kan jy dit oorvertel. Hier kry ek die geleentheid om met die man te chat en ek vra hoe kam hy sy hare…..

Duidelik word hy daai vraag redelik gereeld gevra want hy het gesels of dit die doodnatuurlikste ding op aarde was om oor hare te gesels.

My ma het natuurlik gedink, haar arme kind se koppie raas heeltemal om die arme man so iets te vra, maar sy behoort teen hierdie tyd te weet ek het nie al dag al my varkies op hok nie.

Kategorië Uncategorized

Kriekkie babysit die cuteste worsie hond

Augustus 11, 2009 · 1 Kommentaar

Noudat ek nie meer my hele klerekas hoef aan te trek om bietjie hitte in my lyf te kry nie, sien ek sommer weer kans vir die lewe. As ek geloop het, het ek gesê daar’s ‘n ekstra huppel in my stap, maar dit kan nou nie werk in my geval nie. Sê maar daar’s ‘n ekstra spin in my wieletjies.

Verlede week het ek babysitting gedoen vir my sussie. Hulle was Kaap toe vir ‘n paar dae en die baba worsie hond moes by haar Tannie bly.

Dit was omtrent ‘n fulltime job want met die swembad hier mos ek haar letterlik heeldag oppas.
Ons honde wou net mooi niks van die nuwe familielid weet nie. Die enigste 1 wat haar verdra het was ou Elvis. Hy is ‘n regte gentleman. Die ander spul het hulle soos regte oujongnooiens gedra. Diefie, wat die bederfsel, in die huis is, het sommer hasepad gekies as sy vir Daisy sien. Sy wou nie eers in dieselfde vertrek as baba Daisy slaap nie.

Ek het myself gate uit geniet want Daisy is tot in die afgrond bederf en wil heeldag skoot sit en gecuddle word. Dis net hier by 4 uur in die oggend dat ek haar nekkie wou omdraai want dan wou sy jol en ek wil slaap. Maar as sy haar so styf teen
my opkrul en in my baadjie aan die slaap raak, vergewe ek haar sommer al die stoutgheid.

Ek het dit oorweeg om vir haar skuur papier te gee om aan te kou. Ek dink nie daar’s iets skerper as klein-hondjie-tandjies nie. My arme hande lyk omtrent asof hulle ‘n oorlog zone was.

My arme voëlies is ok bly die babie is weg want die arme goedjies moes heeldag in hul hok sit want Daisy wou met hulle speel.

Baba Daisy het natuurlik kniediep in my hart kom nesskop nou verlang ek my dood na die gedoentetjie. Hopelik sien ek haar oor die naweek.
Kan nie wag nie.

DSCF0085

Kategorië Uncategorized

Kriekkie kuier (alweer) by ongevalle

Augustus 5, 2009 · 2 Kommentaar

Verlede week was nie my week nie. Dinsdag nag word ek wakker met ‘n verkoue wat vir niks skrik nie. Ek’s nou vas oortuig mens se briens bestaan 90% uit water. Anders weet ek nie waar al daai water vandaan kom nie. Ek het ten minste ‘n kilometer se tissues deurgewerk en dit het gevoel of ‘n trein ‘n paar keer oor my is.

Ek was nog altyd mal oor ‘n neubeliser en dit was volgens my die beste R400 wat ek nog ooit spandeer het. Voorheen was ek gewoonlik dodelik siek van ‘n normale ou verkouetjie en al wat daarvoor gehelp het was ‘n kursus antibotika. Ek het basies op ‘n weeklikse basis vir my dokter gaan kuier.

‘n Paar sinutabs later en ‘n sessie met die neubiliser is die verkoue Donderdag weg en ek’s weer perdfris en reg vir aksie. Min het ek toe geweet watse aksie wag vir my.

Donderdag-middag kry ek ‘n baie benoude roep van Moeder-natuur. Ek haal my trappe af en storm opspoed die huis uit om Maggie te gaan roep. Die volgende oomblik beland my broekspyp in my voorwiel en ruk my voet onder die stoel in. Ek kon nie dadelik stop nie omdat ek so vinnig gery het so toe uiteindelik tot stilstand kom het my arme voet al redelik verongeluk.

Ek was oortuig die keer is my enkel mors af. Ek het sommer hierdie keer opgemaak vir die vorige keer dat ek nie gehuil het nie. Ek het so ‘n kabaal opgeskop dat arme Oompie gedink het ek word aangerand en tot die buurvrou wat nooit ‘n woord met ons praat nie, het kom hoor of als oraait is.

Kyk as die dokters by ongevalle nou soos die van Binnelanders gelyk het, so ek dalk kon verstaan dat ek deesdae so baie van die plek hou. Weereens moes die arme doedies by x-strale allerhande tricks uithaal om my fototjies geneem te kry want daar’s geen manier waarop ek op hulle bed kan kom nie. Ek moet sê hulle het my darem nie die keer so erg seer gemaak soos laas nie.

Dankie tog alles is darem nog heel, maar my enkel is erg verstuit en VREK seer. Hierdie keer was dit vir my seerder as toe my voet gebreek was want die gips help darem baie vir die ergste pyn. Die keer was hy net in ‘n verband.

Vrydag het ek omtrent heeldag geslaap want ek het die dokter verkeerd verstaan. Hy het gesê ek moet my dosis pyn pille wat ek elke dag drink verdubbel. Ek gaan overdose myself so effe en drink 2 in die oggend en 2 in die middag in plaas van 1 in die 2 keer per dag. Normaalweg drink ek 1 per dag.

Vrydag-aand het my sus vir my ‘n ankle guard gebring en ek het ‘n ou spalkie in my kas ondek. Na die enkel vasgestrêp is het dit sommer stukke beter gegaan.

Dit is net vir my erg frustreerend dat ek nou weer nie op die voet kan trap of enige oefening kan doen nie. Ek het net Woensdag gesê my port-a-potty en al die goed kan nou weer gebêre word en ek was nou net weer lekker op dreef met my oefeninge. Donderdag is ons maar weer back 2 square 1.

Ek begin dit sterk oorweeg om te belê in ‘n paar yster skoene met bullbars reg rondom.

Glo dit of nie, maar ek het ‘n hele 3 dae aan hierdie kletssessie getik. (Vertel volgende keer hoekom) so ek gaan nou maar eers groet anders is die week verby voor ek ‘n geselsie inkry.

DSCF0121

Kategorië Uncategorized