Kruppelkriekkie Klets

Entries categorized as ‘Uncategorized’

Kriekkie is geNLP

November 19, 2009 · Lewer Kommentaar

‘n Heelwat wyser Kriekie is weer terug op haar pos. Die NLP kursus waarop ek was is ongelooflik. Ingeval jy wil weet waarvoor NLP staan, die geleerdes noem dit “Nero Linguistic Programming”. Toe ek dié vreeslike lang woord sien het ek nogal gewonder waarvoor ek myself ingelaat het, maar dis toe nie naastenby so ingewikkeld soos dit klink nie Jy leer basies om mense te manipuleer (natuurlik sonder dat hulle dit agter kom) sodat jy altyd uit ‘n situasie kan kry wat jy wil. Jy leer om na die grooter prentjie te kyk en nie net by ‘n probleem vas te hak nie. Wat vir my die ergste van als was, dit is algemene, logiese dinge wat ons elke dag gebruik. Mens moet net leer om dit reg in te span en nie sommer impulsief reageer op situasies nie. Ek is BAIE skuldig daaraan want ek doen eers en dan dink ek en die meeste van die tyd het dit erge noodlottige gevolge. Meestal help sielkundiges jou om jou probleem te erken en identifieseer en gee vir jou ‘n oplossing. Dit klink als wonderlik en pragtig as iemand jou vertel wat om te doen, maar wanneer jy dit self moet doen werk dit nooit uit nie. Dis gewoonlik wat met my gebeur het, ek kon hoé vasberade wees om dinge anders te doen, maar as ek weer sien is ek back 2 square 1. NLP leer jou die ‘skills’ (wat is skills in Afr? Vaardighede pas nie vir my nie) om probleme op te los en dinge en mense so te bestuur dat daar nie probleme en konflik kan onstaan nie. Soos ek gesê het, het ons almal die meeste van daai ‘skills ons met net leer om dit reg te gebruik. Volgens my moet NLP sommer ‘n verpligte skoolvak word. In sommige oorsese lande word dit as Universiteitsvak aangebied, maar hier in SA is dit nog redelik onbekend. As ek vroeër in my lewe die kursus kon doen sou ek defnitief baie situasies anders hanteer het en dan kon ek myself heelwat trane en verdriet gespaar het. Dit gee mens ‘n totale ander uitkyk op die lewe. Ek dink ek het my arme swaer erg frustreer want hy het al lankal die kursus gedoen en my altyd vertel hoe ek dinge moet doen, maar al wat wou luister is ekke. Al wat vir my bietjie sleg was van die kursus is dat als in Engels was. Ek het na dese baie meer simpatie met Virginia want dis nie so maklik om als te verstaan as iets nie in jou moedertaal is nie. Ek het so af en toe lekker gestoei met die rooitaal saam, maar tenspyte daarvan was dit die beste ding wat ek nog gedoen het. Ongelukkig het die kursus bietjie op ‘n teleurstellende noot geëindig. Om een of ander rede het ek van die begin af nie gehou van die vrou wat die kursus aanbied nie. Ons sou die gevorderde kursus ook gedoen het, maar aan die einde van die eerste kursus sê die vrou toe sy gaan nie die 2de kursus aanbied nie. Toe my swaer weer sien vat sy haar goedjies en daar gaan sy, sonder om dit vooraf met hom te bespreek of enige redes te gee. Later sou ons uitvind dit het als oor geld gegaan, alhoewel my swaer haar haar vooraf vasgestelde fooi betaal het. Sy practise beslis nie wat sy preach(verskoon tog die spelling) nie. Volgens haar seun is dit ‘n ou laai van haar om sommer haar goed te vat en te waai as nie meer lus is om iets te doen of nie haar sin kry nie. En sy het nogal ‘n doktors graad, maar na dese wonder ek nogal daaroor. Iemand wat so optree soos sy gedoen het, het volgens my nie eers ‘n ruggraad nie, wat nog te sê ‘n doktorsgraad. My swaer gaan binnekort die kursus self aanbied en dan wil ek dit weer gaan doen. Volgens my sal hy ‘n baie beter Meneer wees as die Juffrou wat ons moes leer. Ek het ‘n waenhuis vol e-mails wat vir my wag. Gaan loer by www.si-g.net as jy nog meer wil weer oor die NLP kursus. As jy vir iemand iets wil doen wat sy lewe gaan verander, stuur hom op so kursus. Dit is die beste belegging wat jy kan maak.

Kategorië Uncategorized

Siek rekenaar

Oktober 26, 2009 · 1 Kommentaar

Project1

Wil iemand nie asseblief vir Murphy nooi vir koek en tee nie?  Ek’s nie snaaks nie, maar ek dink hy’t rêrig nou lank genoeg hier by my rond gehang.  Dis nou al ‘n rukkie wat ek agtergekom het iets is nie lekker met my rekenaar nie.  Wanneer Swaer ondersoek werk als piekfyn.  So 3 weke terug besluit rekenaartjie toe dit was lekker maar dis nou klaar.  Ek kon maak net wat ek wou hy wou nie aan nie.  Ek stel nuwe spoedrekords op na die rekenaar winkel toe want dis 10 munute voor toemaaktyd op ‘n Sondag.  Behalwe dat die hardeskyf was, kry hulle niks fout nie en als werk.  Hoe die hardeskyf kon los kom is nogsteeds vir my ‘n mystery want die rekenaar staan permanent op dieselfde plek en daar is niks of niemand wat daar naby kom wat die ding kan laat los kom nie.

Terug by die huis werk als weer.  Die volgende dag gaan rekenaar saam met my ma werk toe sodat hulle die programme waarmee sy werk kan oplaai sodat sy dit wat sy nie by die werk klaar kry nie in die aand kan kom klaar maak.  Hulle toets als en dit werk.  Terug by die huis is ek heel in my skik met die nuwe programme.  Ek ly al aan ontrekkings simptome want toe’s dit omtrent al 3 dae wat ek nie ‘n rekenaar het nie.  Ek tik nog so lekker, pla niks of niemand nie, toe kry ek net ‘n blou skerm met een of ander onverstaanbare boodskap en rekenaar wil niks weet van verder werk nie. 

Swaer kry hom toe weer aan die werk en sê ek moet die hardeskyf format en als oorlaai.  Stupid soos net ek kan wees sê ek toe ek sal dit self doen hy hoef nie verder te worry nie. Ek het dit al so baie gedoen ek kan dit al in my slaap doen.  Ek kan maak net wat ek wil, die hardeskyf wil nie format nie.  Teen daai tyd is ek al so moedeloos as ek geld gehad het vir ‘n ander rekenaar het ek die een met ‘n byl in 10000 stukkies gekap.

Terug rekenaar winkel  toe.  Hulle probeer als, maar rekenaar wil niks weet nie.  Intussentyd kap ek stres vir ‘n plek in die 1ste span want my Avon bestellings moet geplaas word en daarvoor het ek die rekenaar nodig.  Gelukkig het ek ‘n eksterne hardeskyf waarop back-ups van al my goed is.  Ek’s toe maar met hardeskyf en al rekenaar winkel  toe.  Soos die duiwel dit wil hê is als op my hardeskyf, behalwe my Avon templets.  Na ‘n groot gespook en spartel het ek darem als gedoen gekry.  Ek het my oor ‘n mik gesukkel om op ‘n vreemde komper te werk en om als nog meer ingewikkeld te maak is ek nog links ook.  Iemand kom werk op die rekenar langs my, maar ek dog ek dooi op die plek so stink hy.  Ek’s oortuig hy’t ‘n week laas gebad.  So tussen al die pret deur kry ek die wonderlike nuus dat my rekenaar se hardeskyf opgepak het en ek moet ook nuwe memory kry.  Ek het amper op die plek in trane uitgebars want waar moet ek R600 vandaan kry om dit als te doen.  Dankie tog, my ma kon my uithelp anders was ek nou al lankal in die malhuis.

Asof die mannewales met die hardeskyf nie erg genoeg is nie, besluit muis se kind ook hy’s nou moeg.  Aangesien my ma nie lekker reg kom met die rubber keybord wat ek vir die voëls gekoop het nie, koop ek toe sommer ‘n nuwe keybord ook. 

Gewapen met nuwe muis, keybord, hardeskyf en memory is ek reg vir aksie.  Om al die drade en dinge ingeprop en op die regte plekke te kry is omtrent ‘n operasie op sy eie, maar uiteindelik was als in plek en wonder bo wonder werk als….. behalwe die keybord.  Winkel hier kom ek weer….  Teen daai tyd gee ek al nuwe betekenis aan die word moedeloos….. By die winkel werk die keybord sonder ‘n problem.  Ek ruil dit toe maar n elk geval om vir ‘n keybord met ‘n USB konneksie.

Natuurlik moes ek toe als weer oorlaai op die rekenaar en al die updates en drivers van  die internet aflaai.  My  1 Gig datacap het natuurlik in die slag gebly.   My ma moes weer die rekenaar saam vat werk toe sodat hulle haar programme kon laai en toe’s ek weer so 2 dae sonder ‘n rekenaar.  In totaal was ek seker omtrent 2 weke sonder ‘n rekenaar, maar dit het vir my gevoel soos 2 jaar.  Ek sal beslis nooit stry dat ek totaal en al verslaaf is aan die rekenaar nie.  Dit voel vir my of daar ‘n deel van my weg is of dood is as my rekenaar iets mekeer.  Geen wonder my ma sê ek’s erger oor my rekenaar as ‘n meisie oor haar boyfriend nie. 

Behalwe vir my drukker se ink wat klaar is, werk als darem nou weer soos dit moet en kan ek weer lewe.  Ongelukkig moet ek nou eers weer groet vir so 3 weke.  Ek gaan op ‘n kursus.  Hopelik is ek baie wys as ek daar klaar is.  Op hierdie stadium weet ek nie eers presies waste kursus dit presies is nie, maar streshantering word onderandere behandel  en ek dink ek kan nogal doen daarmee.  Swaertjie-lief was reeds op die kursus en hy het besluit dis net die ding vir my en Sus.  Ek sien nogal uit na die storie.  Ek  weet net nie of ek die elke dag se vroeg opstaanery gaan oorleef nie….

Kategorië Uncategorized

Kriekkie en die naalde

Oktober 12, 2009 · 2 Kommentaar

Dankie vir almal wat kom inloer het in my afwesigheid. Dit doen my hartjie goed om te weet iemand mis my darem so bietjie. Die rede vir my afwesigheid? Daar is eintlik ‘n paar, maar die hoofrede was dat ek vir akupunktuur (spelling) behandelings was om my spierspasmas te breek. Dit werk soos ‘n bom, maar dis vrek seer.

Die vrou by wie ek gegaan het se spreek kamer is by haar huis ek kon toe op ‘n gewone enkelbed lê want daar is geen manier wat ek weer daai klein doktersbedjies aanvat nie. Die 1ste behandeling het in ‘n effense disaster geëindig. Weereens met die afklim slag het dit vir my gevoel of ek gaan val. Ek het totally uitgefreak. Ek raak heeltemal vreesbevange al het ek geweet ek is omtrent 30cm van die grond af, Ek het so tekere gegaan ek was doodseker die vrou gaan sê ek moet maar eerder nie weer kom nie, maar sy het gelukkig verstaan.

Die dag na so behandeling is al die plekke wat behandeling gekry het baie seer en voel jy asof ‘n trein oor jou is nevermind ‘n paar naalde. Ek het partykeer gevoel of ek wil dooi en het dan maar gaan slaap (met behulp van ‘n pilletjie of 2 natuurlik). As die day after net eers verby is en ek’s ontslae van die spierspasmas vergeet ek weer van die seer en gaan weer vir die volgende behandeling.

Die laaste behandeling wou ek ‘n toets doen en het in my stoel bly sit. Ek het gedink dit sal nie werk nie, maar dit het heelgoed gewerk. Ek is baie dankbaar dat die vrou ingestem het om my by die huis te kom behandel in die vervolg aangesien my ma net vir ‘n week met verlof was en ek nie ek nie andersins by haar spreek kamer kan uitkom nie. Normaalweg wil die mense nie huisbesoek doen nie, maar ek het seker desperaat genoeg gelyk en toe stem sy in.

Ek het nou nog nie weer ‘n behandeling gehad nie want die medies is bietjie leeg en dis blykbaar nogal ‘n duur storie. Ek wag nou maar tot payday. My ma wil nie vir my sê wat dit kos nie want sy sê as ek weet gaan ek nie weer wil gaan nie. Ek sien eintlik uit na die behandeling wat ek by die huis gaan kry want ek dink dit gaan baie meer effektief wees as ek meer ontspanne is op my eie bed waaraan ek gewoond is. Al was die enkelbedjie by haar huis gemakliker as die doktersbed, het ek nog steeds ‘n redelike geveg gehad om terug op my stoel te kom want die bed was baie laag. Ek het alewig ‘n stryd met beddens…. Dis alewig te hoog, te laag te breed of te smal. Ek het ‘n reuse bed wat spesiaal vir my gemaak is so ek kan na hartelus rondrol en kriewel soos ek lekker kry.

Aangesien die naalde ook goed werk as ek in die stoel bly sit, het ek die fisio waar ek my voet gebreek het gaan sien om te hoor of sy dit nie sal doen terwyl ek op my stoel bly sit nie. As ek dit by haar laat doen betaal die medies dit want dit gaan deur as fisio en nie as akupunktuur nie. Die ander vrou is ongelukkig nie ‘n gerigistreerde fisio terapeut nie.
Ek sal seker volgende week vir ‘n sessie by die fisio gaan, maar ek het haar baie mooi laat verstaan ek kom nie naby die bed nie.

Ek moet myself eers bietjie sielkundig voorberei want toe ek by die praktyk se deur inry toe oorval ‘n doodse vrees my. Dit was vir my baie weird, maar nou ja, dis iets wat ek maar self sal moet verwerk wat hopelik weer sal oorgaan.
Ongelukkig is die ergste spasmas op plekke waar mens net kan bykom as ek lê, maar as die fisio die ander waar sy kan bykom in toom hou, sal dit al baie help.

‘n Mens is ook maar lekker simpel op sy beste, of miskien is dit net ek wat ‘n skroef of twee los het. Toe die naalde agter ingedruk is waar ek dit nie kan sien nie was ek min gepla daarmee. Dit was seer, maar ek so dit oorleef. Toe ek in my stoel bly sit en sy dit voor moet indruk was ek erg gepla met die goed hier in my been. Dit was die 1ste keer dat ek gesien het hoe dit lyk. Toe verbeel ek my sommer dis erger seer. Ek sou nogal maklik kon deur gaan as ‘n ystervark of krimvarkie.

Ek is hard besig om my swaer te bearbei om ‘n akupunktuur kursus te gaan doen. Hy het al reeds ‘n Reiki gaan doen en dit werk ook goed vir my. Toe ek die 1ste keer sien hoe hy dit doen, was ek maar effe skepties oor die storie, maar dit werk rerig. Gaan loer by www.si-g.net as jy meer wil weet. Glo my dit werk vir my, en as dit vir my werk moet jy weet dis goed,

Daar’s eintlik nog heelwat wat in my afwesigheid gebeur het, maar het seker nou genoeg gesê vir een dag.

Kategorië Uncategorized

Nuwe wiele

September 21, 2009 · 1 Kommentaar

Ek het verlede week vir my ‘n nuwe tjorrie aangeskaf. ‘n Elbow-powered model. Ek’s mal oor my nuwe wiele, al kos dit nou bietjie effort om van punt A na punt B te kom.

Ek sit so lekker dis net nie waar nie. Dis soos as jy eers in ‘n Volksie gery het en nou kry jy ewe skielik ‘n Ferrari. Die snaakste van als is ek het altyd gesê niks sit lekkerder as my elektriese stoel nie. Ek het dit altyd gehaat as ek in my elbow model moes ry.

Om 1 of ander rede kom ek en die battery-model nie meer lekker reg nie en on was altyd soos ‘n siamese tweeling.
As daar iets fout was was ek so down ek het prozac soos smarties laat lyk. Ek gebruik dit nou net as ek die strate wil invaar want daar’s geen manier wat ek die strate op elbow-power gaan aandurf nie. Ek het noual na alle kante toe gemeet en gepas en ondersoek, maar ek kan nog nie ‘n logiese verklaring kry hoekom ek nie ewe lekker kan sit in albei nie.

Eintlik is it ‘n goeie ding want dis ‘n feit soos ‘n koei ‘n battery rolstoel maak mens BAIE onafhanklik, maar dit maak jou baie lui ook. Nou kry ek sommer bietjie oefening ook. Ek’s eintlik spyt ek het nie vroeër al dinge so gedoen nie.

Ek sou nou nie die volgende olimpiese kampioen wees in gewigstoot nie, maar my arms was lekker sterk. Ek het die hele wêreld plat gery op elbow-power. As ek dit nou moet doen, tel julle my vir dood langs die pad op.

Op hoërskool moes ek 1 keer aan ‘n paraplegiese sportbyeenkoms gaan deelneem, maar ek is nou maar 1 maal nie gebou vir sport nie. Ek het die beampte amper dood gegooi met ‘n knuppel en by die gewigstoot het my voet amper in die slag gebly. Net daar en dan het ek besluit ek is ‘n gevaar op die sportveld en dit opgegee vir ‘n bad job.

Die naaste wat ek deesdae aan sport kom is met die Wii en dis ook nie baie veilig nie want die kans is goed dat jy met ‘n Wii-remote getref kan word.

Vir die van julle wat nou nie so gelukkig is soos ek om heeldag by die huis te wees nie, is daar darem ‘n ruskansie die week. Geniet dit.

DSCF0229

Kategorië Uncategorized

Kriekkie se herdenking

September 17, 2009 · 2 Kommentaar

8 sept
Ek het verlede week ‘n gebeurtenis herdenk wat ‘n baie groot invloed op my lewe gehad het. Die 8ste September was dit 19 jaar terug wat ek my 1ste Steve show gaan kyk het.

Ek onthou dit asof dit net gister was. Dit was ‘n vriendin van my se verjaardag en ek is onder erge protes saam. Ek was verskriklik skaam en wou net niks weet van hierdie mannetjie wat hom verbeel hy kan sing nie. Ek het heelagter gaan sit en wou nie naby hom kom nie.  Ek het bloedrooi gebloos soos julle  kan sien op die foto’s

Ek hoef seker nie te sê aan die einde van die show het ek my opinie heeltemal verander nie. Toe die Steve-gogga eers byt het hy gebyt om nooit weer te los nie.

Ek het wonderlike vriendskappe gebou wat ek vir niks in die wêreld sal verruil nie.   Een van my heel beste maaikies was ook by my heel eerste show.  Toe’t ons nog nie eers van mekaar gewwet nie.  Dit ws eers verlede jaar toe ek na haar albums kyk, dat ons agtergekom het ons was by dieselfde sow.

Ongelukkig het ek ook heelwat mense leer ken wat hulle ‘vriende’ genoem het waaarvan ek eerder sal wil vergeet. Daar is sekerlik van sy fans wat so oor my ook voel, maar ek sukkel al vir 19 jaar lank om te verwerk dat mense so jaloers kan wees op mekaar oor iemand wat nie 1 van hulle kan kry nie. As 1 net 5 minute langer aandag kry van die arme man wat maar met almal gaaf en vriendelik, begin die naels wys. Wat ek seker nooit sal verstaan nie is die fans wat mekaar by vertonings om die nek val en druk en soen asof hulle die bese tjommies denknaar is, maar agteraf beskinder die spul mekaar so dis net nie waar nie. Ek erken ek is seker ook skuldig, maar ek probeer so min as moontlik betrokke raak,

Ek sal jok as ek sê ek was nog nooit spyt dat die Steve-gogga gebyt het nie. Daar het al heelwat familie-oorloë ontstaan a.g.v Steve, (meestal omdat vervoer vir my ‘n probleem is)en ek glo in die toekoms gaan daar ook nog heelwat gevegte plaasvind. Ek het al heelwat trane gestort as ek weens my omstandighede nie die dinge kon meemaak wat van my vriendinne gedoen het soos bv. bootreise en sulke dinge nie, MAAR die vreugde en genot maak dubbel en dwars daarvoor op.

Voor ek in die Sondag koerant kom omdat ek sê hy verskaf my genot, moet ek net sê ek het nog altyd ‘n ding vir mans met blou oge gehad. Steve kan my knietjies goed lam maak om van my hormone nie eers te praat nie. Ek meen mooi was nog nooit lelik nie maar ek was nog nooit agter sy lyf aan nie. Ek hou nie eers daarvan as hy my soengroet nie.

Andries wat op die oomblik vir Steve kitaar speel is ‘n heel ander storie. Ai daai mannetjie doen dit vir my. Ek sal glad nie omgee as hy sy skoentjies onder my bed kom bêre nie…. Ja ek weet hy’s getroud en ek dink hy’t die gelukkigste vrou op aarde, maar daar is mos niks fout met kyk nie.

Ek weet hy wen loshande die beker as dit kom by droogmaak en ek stem baie beslis nie saam met als wat hy aanvang nie.
Van sy sienings oor geloof en godsdiens praat ek nie eers nie. Ek verstaan heeltemal niks daarvan nie. In wie of wat hy glo is ook nie my probleem nie. Ek weet daar is ‘n Liewe Jesus wat vir my sondes gesterf het en wat my elke dag oppas en dit is heeltemal genoeg vir my

Hy was nog altyd net gaaf en vriendelik met my. Hoeveel vrouens en skelmpies hy wil aanhou het niks met my uit te waai nie. Solank hy met die gevolge kan saamleef kan hy ‘ hele harem aanhou vir al wat ek omgee.

Almal weet nou al by die tyd dat vrouens sy groot swakheid en dat hy hulle nou maar een maal nie kan weerstaan nie. Die vrouens is ook nie so onskuldig nie. As ek R1 kon kry vir elke vrou wat ek al deur die jare by shows gesien het wat maar te gewillig sou wees as Steve net sy vingertjies klap, was ek defnitief Bill Gates 1 voor wat rykdom betref.

Ek is en sal seker altyd ‘n fan bly omdat Steve ‘n stunning mens is en ‘n uitstekende liedjieskrywer, sanger en akteur en ‘n uitstekende droogmaker.

Hier is 1 van die gediggies wat ek in ‘91 vir Steve geskryf het.

Steve
Jy is my droomheld
Jy laat alle weerstand smelt
In jou diep blou oë
Het ek my hart verloor

Jou blonde hare
Roer my hartsnare
Al sê die mense jou sleg
Sal ek altyd vir jou veg

Jy het ‘n persoonlikheid duisend
‘n Geaardheid so bruisend
Ek dink aan jou in die dag
Droom van jou in die nag

Jy is ‘n vriend wat verstaan
Sonder jou sal ek vergaan
Vir my is daar altyd net jy
Nie eers die dood sal ons skei
Jy sal altyd in my denke bly

18

Kategorië Uncategorized

Kriekkie in die dieretuin

September 7, 2009 · 4 Kommentaar

DSCF0181
Verlede Woensdag is ons Pretoria dieretuin toe saam met die oorsese kuiergas. Sy was omtrent in vervoering oor al die diere en dinge. Dit het my weer-eens laat besef hoe bederf ons Suid-Afrikaners is. Ons aanvaar so maklik dinge as vanselfsprekend.

Voor ons nog by die dieretuin in is, het ons vir omtrent ‘n uur op die sypaadjie geshop vir “Afrika-stuff”. Die swartes wat hulle goodies daar verkoop is ongelooflik kunstig.

My sussie het ‘n golfkarretjie gehuur vir al die loopendes en ek het agterna gery met my tjorrie. Ek het hulle so slag of wat gedice, maar hulle tjorrie is bietjie groter en sterker as myne.

Natuurlik het die kamera weer oortyd gewerk. Ons was ook gelukkig genoeg om te sien toe die tiere en leeus gevoer word. Kyk dis nou katjies daai waarmee ek nie sommer sal sukkel nie. Dis enorme diere. Ek wou sommer weghol toe hulle begin grom en hulle was nie eers kwaad nie. Ek sal wragties opstaan en loop as so gedierte op my afstorm.

Ek weet nie of Tannie tier gereken het ek’s ‘n lekker happie nie, maar sy’t die heeltyd saam met my geloop. as ek stop, stop sy, as ek regs ry, loop sy regs en elke ding. Dit was nogal scary. Die vorige keer toe ons daar was, het dit ook gebeur. Hoekom weet ek nie, maar ek is beslis ook nie van plan om uit te vind nie.

Die leeu-wyfies het soos wafferse top modelle vir ons gepose op die klipbanke, maar die mannetjie kon ons net van agter sien. Hy was nie lus vir die mense wat hom wil bekyk nie.

Ons het regtig baie diere gesien, ek’s net spyt die gorillas het weg gekruip want ek so graag ons kuiergas se reaksie wou beleef as sy hulle sien.

Een ding moet ek darem van die dieretuin sê. hule is 110% rolstoel vriendelik. Daar was nêrens ‘n plek waar ek nie kon ry nie. Alhoewel ek amper nie die uitstappie oorleef het om my storie oor te vertel nie.

Ek het my effe misgis met my tjorrie se briek-vermoë. Die afdraend was toe heelwat styler as wat ek gereken het. Ek lees nogal so ewe die bordjie wat daar op is om die bestuurders van die gholfkarretjies te waarsku teen die stylte. Toe ek so half-pad af is begin my stoel gly en daar is net mooi niks wat ek kan doen om te keer nie. Ek sal maar nie die woorde herhaal wat ek gesê het nie…. maar glo my ek het dik stukke gepanic.

My ma spring toe van die karretjie af en spring voor my in om te help stop. Gelukkig kon ek toe getop kry. Ek het so geskrik dat ek sommer in trane uitgebars het toe ek uiteindelik stilstaan. Ek het al gesien hoe gaan ek saam met die seekoeie swem. Daar het ek weer-eens besef daar is ‘n Hoërhand wat ons behoed en bewaar want as ek uit my stoel moes val teen daai spoed sou ek beslis bietjie stukkend gewees het. Behalwe vir my senuwees wat aan flarde was, het niemand seergekry nie.

Ongelukkig het die tyd net heeltemal te vinnig gevlieg en was daar regtig nog heelwat wat ons nie by kon uitkom nie en sal dit maar ‘n volgende keer inpas. As als volgens plan verloop kom Christel weer Desember kuier. Ek wil nog graag op ‘n nagrit gaan in die dieretuin. Ek dink dit kan baie intressant wees. Ek moet erken ek was half dankbaar toe die dieretuin sluit want na my onderonsie met die stylte was ek so gerattle ek was te bang om te beweeg.

Volgende week kry my tjorrie darem nuwe bande so dan sal ek weer bietjie vaster op die aarde voel. My voorbandjies is erg glad op die oomblik. Ek sal beslis nie ‘n padwaardigheids-toets slaag nie.

DSCF0185

Kategorië Uncategorized

Kriekkie het lente koors.

September 2, 2009 · Lewer Kommentaar

flowers11

Ek is nie eintlik mal vir blomme nie, maar ek sal nie omgee om sulke blomme te kry nie. Veral as hulle in sulke oulike potjies kom. Veral die 1ste enetjie kan nogal vir my werk. Ek sal met graagte hulle stingeltjies nat gooi en rangskik….. ;-)

Verskoon my maar vandag, die lente feeling het die paar varkies wat ek nog op hok het bietjie aangetas…. Ek is mal oor die lente…. dalk het dit iets daarmee te doen dat ek veronderstel was om einde Augustus gebore te word. Maar toe is ek mos voor op die wa en kom Junie.

‘n Vriendin van Nederland het vir so drie weke vir my sussie kom kuier. Sy’s ‘n baie intressate karakter en dit was nogal ‘n belewenis om dinge saam met haar te doen.

Dit is eintlik skrikwekkend watse wanindruk buitelanders van SA het. Sy het darem geweet die wilde diere loop nie los in die strate rond nie, maar ons groot winkelsentrums was vir haar een te veel. Sy kon net nie daaroor kom nie. Sy was so halfpad deur Menlyn setrum toe’s sy pootuit.

Die baie mense was vir haar ook erg want volgens wat sy op internet gelees het, is daar maar 100 000 mense in die hele SA. En sy was nie eers verder as Pretoria nie.

Sy kon nie glo dat daar sulke mooi huise is nie want sy’t gedink ons bly almal in ronde grasdak huisies.
Hoeveel foto’s sy geneem het weet ek nie, maar ek sal nie verbaas wees as dit omtrent 3000 of meer is nie. Sy was behoorlik trigger happy. Maar selfs in Nederland neem sy net so baie foto’s. Sy het altyd ‘n kamera byderhand.

Ons was verlede week Barnyard teater toe saam met haar. Ons het Broadway Rocks gaan kyk. Dit was puik. Ek het dit sommer ‘n 2de keer gaan kyk. Sy het haar gate uit geniet. Ek was so benoud vir haar part want mens mag nie foto’s daarbinne neem nie, maar ou Christel was min gepla. Ek was doodbang hulle vat haar kamera, maar sy’t heelwat afgeneem voor hulle vir haar kom sê het sy mag nie.

Selfs die beker met ys wat ons by die drankies gekry het, het onder die kamera deurgeloop. Blykbaar kry jy nie ys saam met jou drinkgoed in Nederland nie. Seker maar omdat dit so koud is daar.

Sy kon dit ook nie verwerk dat almal so gaaf en vriendelik met haar was nie. Sy was ‘n paar keer skoon tranerig dat almal haar so tuis laat voel. Die Nederlanders is maar oor die algemeen ‘n redelike ongeskikte spulletjie. Nie vreeslik spraaksaam en vriendelik nie. Dit het ek ook self ondervind toe ons daar was.

Sy’s met ‘n baie swaar hart terug huis toe en vas van plan om sommer gou weer te kom kuier. Ek dink as sy kon het sy sommer permanent hier kom bly.

Ons Dieretuin uitstappie was ook ‘n ondervinding op sy eie, maar dis ‘n storie vir ander dag.

Kategorië Uncategorized

Kriekkie is Crocks verkrik

Augustus 26, 2009 · 3 Kommentaar

Ek het in 1995 die 1ste keer met Crocks kennis gemaak toe ons vir my sussie in Nederland gaan kuier het. Ek kon nie dink dat enige mens wat al sy varkies op hok het sulke lelike skoene kan dra nie. Min het ek toe geweet dat ek vandag met ‘n hele versameling van my eie sou spog. ‘n Hele 10 paar om presies te wees.

Dit het eers ‘n hele paar later SA getref en dit was nog steeds vir my 1 te veel dat mense R100de rande betaal vir sulke lelike plastic skoene.

Op een van my window shopping uitstappies het ek die bontste bont paar fake Crocks gesien en het dit gaan aanpas, eintlik meer uit nuuskierigheid as iets anders.

Van toe af het ek nog nooit weer ander skoene gekoop nie. Ek moet darem net sê van my 10 paar is net 3 daarvan die ware Jakob want die goed kos ‘n arm en ‘n been. As dit ook nie was dat my voete wou vries in die winter en ek nêrens die met die wol in se fakes kon kry nie, sou ek nie die originals gekoop het nie.

Ek het nou die dag gedink ek wen die jackpot toe ek Crock boots op uitverkoping kry. Dit is nog steeds die duurste paar skoene wat ek ooit in my lewe gekoop het, maar gelukkig loop ek nie so my skoene hou letterlik ‘n leeftyd.
Net na ek die boots gekry het, het ek my voet verstuit en kon dit nog nie weer aankry nie, so dit sal nou maar moet wag tot volgende winter.

Tot my selfoon is ge-Crock. My sus het vir my die cutste Crocks selfoonhouer gegee. Ek het maar liewer nie gevra wat sy daarvoor betaal het nie want dit is nogal ‘n original. By die vlooimark word die fake selfoon houertjies vir R40 verkoop. Daar’s nie eers ‘n halwe kans dat ek soveel vir ‘n selfoon houer sal betaal nie, of dit nou original of fake is, dis net eenvoudig heeltemal te duur vir my bank balans.

Blykbaar kry mens oorsee Crocks klere ook, maar ek kan nie my potsierlike lyfie in so ‘n plastiek gewaad sien nie. Dit sal in elk geval ook nie rolstoel vriendelik wees nie. Dit sal vasklou aan die sitplek. In die winter behoort dit nogal lekker warm te wees, maar in die somer gaan jy vrek van die hitte.

Ag nou ja, op hierdie ge-Crock-te noot moet ek eers groet.

DSCF0162

Kategorië Uncategorized

Kriekkie en Ghapi

Augustus 18, 2009 · 2 Kommentaar

Kan julle ywerige bloggers asb. vir my die resep stuur hoe julle dit reg kry om elke dag te blog. Maak nie saak hoe hard ek probeer nie, ek kry dit nie reg nie. Dit is ongelukkig ‘n feit soos ‘n koei, spoed is nie ‘n kruppelkriekkie se sterk punt nie. Spoed is seker maar die groot probleem dat ek nie daarby uitkom nie. Ek was bietjie besig by die vet afdeling toe spoed uitgedeel is.

Nou die dag moet my ma skoene gaan haal by Woodlands Mall. Soos gewoonlik is ons laat en om tyd te spaar bly ek sommer in die kar sit

Toe ons in die parkeer in ry sien ek Ghapi se toerbus daar staan. Ek kry amper ‘n oorval van opgewondenheid en wil met alle geweld langs sy tjorrie gaan stop sodat ek met hom kan chat.

Ek’s eintlik mal oor sy boetie, Andries, maar as ek nou nie die hondjie kan kry nie, sal die halsbandjie ook doen.

My ma steur haar nie aan haar mal kind se performance nie en gaan stop skuins oorkant die Ghapi-bus. Ek kla steen en been, maar al wat wil luister is Moeder-lief. Sy is besig met operasie-skoene.

Ek is nog besig om myself te bejammer, toe kom my ma aangestap al geselsende met Ghapi aan haar sy. Mens so dink hy’s ‘n jarelange huisvriend soos die 2 aangaan. Ek is skoon stom van verbasing en hap bubbles soos ‘n vis op droë grond.

Toe my brein uiteindelik weer in rat kom vra ek sommer die 1ste ding wat in my kop kom. “Hoe kam jy jou hare?” Kan jy dit oorvertel. Hier kry ek die geleentheid om met die man te chat en ek vra hoe kam hy sy hare…..

Duidelik word hy daai vraag redelik gereeld gevra want hy het gesels of dit die doodnatuurlikste ding op aarde was om oor hare te gesels.

My ma het natuurlik gedink, haar arme kind se koppie raas heeltemal om die arme man so iets te vra, maar sy behoort teen hierdie tyd te weet ek het nie al dag al my varkies op hok nie.

Kategorië Uncategorized

Kriekkie babysit die cuteste worsie hond

Augustus 11, 2009 · 1 Kommentaar

Noudat ek nie meer my hele klerekas hoef aan te trek om bietjie hitte in my lyf te kry nie, sien ek sommer weer kans vir die lewe. As ek geloop het, het ek gesê daar’s ‘n ekstra huppel in my stap, maar dit kan nou nie werk in my geval nie. Sê maar daar’s ‘n ekstra spin in my wieletjies.

Verlede week het ek babysitting gedoen vir my sussie. Hulle was Kaap toe vir ‘n paar dae en die baba worsie hond moes by haar Tannie bly.

Dit was omtrent ‘n fulltime job want met die swembad hier mos ek haar letterlik heeldag oppas.
Ons honde wou net mooi niks van die nuwe familielid weet nie. Die enigste 1 wat haar verdra het was ou Elvis. Hy is ‘n regte gentleman. Die ander spul het hulle soos regte oujongnooiens gedra. Diefie, wat die bederfsel, in die huis is, het sommer hasepad gekies as sy vir Daisy sien. Sy wou nie eers in dieselfde vertrek as baba Daisy slaap nie.

Ek het myself gate uit geniet want Daisy is tot in die afgrond bederf en wil heeldag skoot sit en gecuddle word. Dis net hier by 4 uur in die oggend dat ek haar nekkie wou omdraai want dan wou sy jol en ek wil slaap. Maar as sy haar so styf teen
my opkrul en in my baadjie aan die slaap raak, vergewe ek haar sommer al die stoutgheid.

Ek het dit oorweeg om vir haar skuur papier te gee om aan te kou. Ek dink nie daar’s iets skerper as klein-hondjie-tandjies nie. My arme hande lyk omtrent asof hulle ‘n oorlog zone was.

My arme voëlies is ok bly die babie is weg want die arme goedjies moes heeldag in hul hok sit want Daisy wou met hulle speel.

Baba Daisy het natuurlik kniediep in my hart kom nesskop nou verlang ek my dood na die gedoentetjie. Hopelik sien ek haar oor die naweek.
Kan nie wag nie.

DSCF0085

Kategorië Uncategorized