Crocks verslaafde

Ek is so bly dis bietjie warmer vandag.  Toe kon ek darem my Crocks dra.  Al dink ek diss die lelikste skoene op aarde, is ek heeltemal verslaaf daaraan  My kruppelpootjies raak erg ongelukkig as hulle iets anders moet aantrek.  Ek het verlede winter crocks met kouse probeer, maar ek is doodseker my bloedsomloop maak ‘n u-turn net voor dit by my voete uitkom want in die winter het ek net 2 ysblokkies wat daar onder rondhang waar my voete veronderstel is om te wees.

 

Glo dit of nie, maar my vriendin se pa is nogsteeds nie geopereer nie.  Ek sal regtig nooit weer kla oor my mediese fonds nie.  Die staatshospitale voel ‘n veer vir jou.

Om te dink ek het al my operasies in die ou H.F. Verwoerd hospitaal gehad en toe was dit die BESTE hospitale in die land. 

 

So blok van ons huis af het nuwe mense ingetrek.  Hulle het ‘n Basset hond.  Dis die hoogtepunt van die dag  om vir hom te gaan hallo sê.  Ek ry elke dag verby hom as ek Virginia by die skool gaan haal en sy het nou besluit die hond se naam moet Bingo wees

Ek was eers bietjie skrikkerig om hom te vryf, maar ons het noual lekker tjommies gemaak.  Ek het my omtrent uit my bloedgroep geskrik toe hy blaf.  In vergelyking met sy groote het hy ‘n reuse stem.

 

Ek het my baie-praat vriendin belowe ek kom vandag kuier, so ek beter nou eers groet.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s