Ouma verjaar

My Ouma het gister 81 geword. Ons het gekoek en tee vir ‘n vale.  Daar was so baie eetgoed, ek het gedink hulle gaan vir die volgende maand daaraan eet, maar ek het duidelik nie rekening gehou met die oues van dae se eetlus nie.  Op die ou end het daar nie veel oorgebly nie, maar ek moet sê die eetgoed was uit die boonste gestoeltes soos Oubaas sou sê.

 

Ouma-hulle bly in ‘n aftree oord sekeriteits kompleks waar almal omtrent mekaar ken.  Dit is nogal ‘n belewenis so klomp oumense bymekaar.  Mens sal nou dink dit sal ‘n stil en stemmige storie wees, maar dit was als behalwe.  Hulle het geklets dat die biesies bewe.  Daar is dit nie ‘n geval van hoe gaan dit vandag nie.  Dis eerder, hoeveel pyne het jy vandag…. En dis ‘n gespottery met mekaar se pyne en skete en dinge.

 

Ek het Vrydag gedink ek doen goed en probeer vir Kuifie bad.  Nogal met baba shampoo en elke ding.  Dit was toe so bietjie van ‘n disaster want toe’s die arme voël vuiler toe ek klaar is as wat hy was voor die bad.

Sondag het ek erg stres gekap want toe lyk arme voëlie skoon siek.  Ek was dood benoud hy’t van die shampoo ingekry of iets want hy was glad nie homself nie.  Dit was seker maar net sy af oggend want die middag was hy weer piekfyn.

 

My vriedin se pa is uiteindelik Vrydag geopereer.  Hy het nie narkose gekry nie, net epidurale (spelling) verdowing.  Ek’s nie snaaks nie, maar ek weet darem nou nie of ek daarvan sal hou om te hoor hoe saag en kap hulle aan my been nie.

Die arme oom was heel gerattle toe hy uit die teater kom want langs hom was hulle besig om iemand se bene af te sit en hy sien toe die twee bene wat op die trollie lê.  Die man wie se bene dit was het glo erg tekere gegaan en geskree so ek neem aan hy’t ook net verdowing gehad.  Ek hoop nie so iets tref my ooit nie want ek glo nie ek sal dit oorleef om die storie oor te vertel nie.

 

Genoeg vir eers.  Lekker daggie

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s