Pynnigingsessie

Ek was gister vir die 1ste keer in ‘n lang tyd vir fisio terapie.  Dit was omtrent ‘n operasie om op daai hoë bedjie te kom, maar ons het dit darem gemaak sonder om my nek in die proses te breek.  Ek en die arme terapeut het omtrent ‘n workout gehad net om op die bed te kom.

 

Toe sy eers begin druk en vryf het ek gewonder wat my besiel het om te kom en dan word sy nogal betaal om my so te boelie.  Ek het al vergeet hoe seer dit is.  Vandag is my kakebeen skoon seer soos ek op my tande moes byt.  Die spreek woord van you got to be cruel to be kind is defnitief goed van toepassing op fisio want vandag voel ek sommer heelwat beter al het ek gister gedink ek gaan nie oorleef om die storie oor te vertel nie.  Ek wag nou net vir die medies om dit goed te keer dan sal ek so 2 keer ‘n week gaan vir ‘n boelie sessie.  Dis eintlik my eie skuld dat my arme spiertjies so erg protesteer want ek’s eintlik veronderstel om ten minste 1 keer ‘n week fisio te kry om my spiere soepel te hou, maar Kiepie dink mos altyd sy weet van beter en teen die tyd dat dit dan so in spasma is dat ek wil dooi van die pyn sukkel die arme fisio haar oor ‘n mik om iets met my uitgerig te kry.

 

Weereens was vervoer die hoof dr*l in die drinkwater want Oompie moes myheen en weer ry fisio toe en terug en dit het alewig op ‘n issue uitgeloop.  Ek was baie dankbaar toe daar ‘n fisio binne loopafstand van my huis af oopmaak.  Nou kan ek met my stoel ry.

 

Genoeg van my geklae en kerm. 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s