Gedaanteverwisseling

My blog het die afgelope week heelwat gedaante verwissellings ondergaan, maar eks uiteindelik nou tevrede.  Ek kan so opgeklits raak as die prentjies in my kop en die eindresultaat nie diesefde wil lyk nie.  Dis nog bietjie vaal na my sin, maar glo my as ek sê ek het elke liewe theme probeer en die’s die naaste wat ek kom aan wat ek wil hê.

 

In die proses het ek darem heelwat goed ontdek ook op my rekenaar wat ek nie eers geweet het sekere programme kan doen nie.  Partykeer is dit nogal voordelig om met iets te sukkel.

 

Arme Kriekie het Sondag-aand heel uitgerafel en my cool heeltemal verloor.  En dit net omdat ek mense toelaat om my te manupileer en te gebruik.  Ek probeer so hard als en almal te probeer gelukkig hou, dat ek myself in so ‘n toestand in stres dat my stresvlakke iewers moet oorkook.  Ek wens net ek kan daai gat kry waar ek vir ‘n rukkie kon gaan inkruip en niemand my kan kry nie.

Duisend dankies vir al die comments en nuwe maakies wat kom inloer het.  Dit het vir my ongelooflik baie beteken en gemaak dat ek darem ‘n skynsel van die goue randjie sien om die donker wolkie wat op die oomblik in my gemoed rondswerf.

 

As ek net kan leer om NEE te sê…  Dit is so ‘n kort ou woordjie en tog sukkel ek my dood om dit te gebruik.  Hoekom ek so sukkel weet ek ook nie want in die proses doen ek myself ongelooflik baie skade aan.  Maar nou ja, niemand behalwe ek self kan iets aan die situasie verander nie.

 

Ek raak so gefrustreerd met myself want ek het noual so baie keer gesien as mens Let Go Let God werk als uit soos dit moet, maar tog kry ek dit nie reg om te Let Go nie.  Dit sê seker nie veel vir my geloof nie, maar dis ‘n wroeging vir ‘n ander dag.  As ek eers begin my Christenskap begin ontleed wil ek net al dieper en dieper in daai gat klim en nooit weer uitklim nie.  Ek dink my groot probleem is dat ek als te ingewikkeld wil maak.

Maar dis nou eers genoeg gewroeg vir eers.  Netnou het ek die hele blog in ‘n staat van depressie.

 

Steve het Saterdag ‘n gratis vertoning gegee by die Pretoria skou.  Ek was so bly toe ek dit sien dat ek toe aan niks of niemand anders dink nie.  Ek sit vir Kuifie in sy hok en jaag met ‘n spoed sentrum toe om ‘n vriendin daar te kry.  Toe ek terug kom by die huis toe staan die hek wawyd oop.  Wat ek aangevang het weet ek nou nog nie want die hek is veronderstel om outomaties toe te gaan.  Gelukkig was al die honde en als nog hier.  Toe ek in die huis kom trap Maggie my van ‘n kant af uit want ek het Kuifie se hok ook oopgelos en pad gevat.  Kuifie het natuurlik gedink dis hemel op aarde en die hele wêreld vol geloop.  Gelukkig het Maggie hom gesien en met ‘n groot gesukkel terug in die hok gekry want hy wou haar net byt.  Ek sou myself nooit vergewe het as my baby moes wegraak nie.

 

Die show was baie lekker.  Dit was net vrek warm.  Geen wonder die performers en sangers is so maer nie.  As ek elke dag onder daai ligte moet perform sal ek ook maer word van die ongelooflike hitte.  My arme kamera het natuurlik weer oortyd gewerk.  Ek begin darem nou al die kamera se trieks leer, so hopelik sal daar volgende keer minder flops wees.  Natuurlik het my gewete ook oortyd gewerk want toe voel ek eers sleg omdat Wipneus my so bederf het om die show by Menlyn te gaan kyk.  As ek geweet het daar gaan ‘n gratis show by die skou wees sou ek defnitief nie Menlyn toe gegaan het nie, alhoewel die show by Menlyn nog steeds lekkerder was. 

 

Ek het so sleg gevoel want ons het vir die organiseerders gesê ek en my vriendin kan nie te goed sien nie en wil graag voor in die middel sit.  Waar ons toe ook gaan sit het.  Die mense wat in die ry skuins voor ons sit, begin gesels want hulle het ons blykbaar by ‘n vorige show gesien.  Toe hoor ons dat die arme vroutjie net 5% sig het.  Kyk, toe werk my gewete eers oortyd.

 

O hene ek’s weer besig met ‘n mini-kortverhaal vandag.  Ek beter nou eers groet.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s