Kriekie wil ôk ‘n eier lê

Ek het gister in Pik se blik gaan inloer en besluit om ook ‘n eiertjie te lê oor ‘normaal’.  Alhoewel, ek glo nie krieke lê eiers nie, maar met ‘n kruppelkriekkie is enigiets moontlik.

 

Volgens my is ‘normaal’ of ‘abnormaal’ meer ‘n ‘kopding’ en guts as wat dit fisies is.   As jy psiegies (hoop dis die regte woord) vrede gemaak het met jou omstandighede of situasie sal jy Everest kan uitklim al is jy ook hoe gestremd.  As jy die besluit geneem het om die beste van jou omstandighede te maak en nie op ‘n hopie te gaan sit en jouself jammer te kry nie, gaan baie meer kan regkry as wat die meeste normale mense kan regkry.

 

Moenie my verkeerd verstaan nie, almal van ons kry af dae.  Baie keer kry ek myself vreeslik jammer… huil genoeg trane om die waterkrises in SA heeltemal op te los.  Om nie te kan loop nie, is glad nie vir my ‘n issue nie, maar die totale afhanklikheid van ander kry my soms onder.

 

Ek dink dis vir iemand wat van geboorte af gestremd is baie makliker om te aanvaar en aan te pas as wat dit vir iemand is wat eers later in die lewe gestremd word agv ‘n ongeluk of iets.  Ek weet nie wat dit is om normaal te wees nie, so ek weet nie wat ek mis nie.  As Liewe Jesus my ‘n keuse gee, sal om te kan loop defnitief nie bo aan my lysie wees nie… Ek dink ek sal eers my gewig wil uitsorteer sodat ek kan eet wat ek wil sonder om oor die vetrolletjies te worry.  Dan sal ek die afhanklikheid wil uitsorteer en as daar dan nog iets oor is, sal ek nie mind om te kan loop nie.

 

As mens met jou situasie kan spot en die snaakse daarin kan raaksien is daar hoop vir jou.  Ek was ‘n hele ruk terug by ‘n konsert waar ‘n klomp gestremde kinders opgetree het.  In 1 item was daar ‘n dogtertjie wat regtig erg serebraal gestremd is en sy moes so baie evert insit om die bewegings te doen, maar sy het haar gate uit geniet.  Sy is so erg spasties dat dit nog steeds gelyk het of sy dans al was die musiek lankal klaar.  My ma was baie kwaad vir my want op daai oomblik was sy vir my so snaaks ek kon nie my lag hou nie, en almal om my kry die arme kind so jammer jy sien net trane en tissues.  Ek het nie gelag omdat ek met haar gebrek wou spot nie, daarmee het ek simpatie en ek het weereens besef hoeveel ek het om voor danbaar te wees, maar die situasie was vir my skreeu snaaks.

 

My swaer kan vreeslik met sy kruppelkriek skoonsus spot.  As ons iewers saam is waar die mense nie ons ken nie vertel hy altyd ek’s so ongeskik ek staan nie eers op as die dominie inkom nie.  Die mense kry my dan so jammer dat die man so met my spot, dis net nie waar nie. 

 

Dit is ongelukkig ook so dat die meerderheid van die samelewing dink as jy gestremd is, jy ook verstandelik gestremd is en dan is hulle baie verbaas as hulle agterkom dis eintlik net my lyf wat nie so lekker wil saamwerk nie.  Baie mense maak lekker paw-paws van hulself omdat hulle nie weet hoe om teenoor ‘n gestremde op te tree nie en dan byt ek natuurlik die situasie lekker uit tot my voordeel.

 

Aan die ander kant kry jy ook mense wie se gestremdheid vir hulle ‘n groot verleentheid is.  My ma wou 1 dag met ‘n vrou gesels oor haar gestremde dogter en toe kry die arme vrou amper ‘n oorval omdat my ma voor die dogter praat.  Sy’t duidelik nog nie vrede gemaak met haar situasie nie.

 

My 1 vriendin is ook vreeslik fyngevoelig oor haar gestremdheid en sy maak die lewe vir haarself en almal om haar vreeslik ongemaklik want jy’s nie altyd seker hoe gaan sy reageer nie.

 

Ek het ‘n vriend gehad wat spierdistrofie gehad het.  Die meeste mense wat die spesifieke spierdistrofie het wat hy gehad het word gewoonlik nie veel ouer as 16 nie.  Deur Genade en goeie versorging van sy ma het Kobus 24 of 25 geword.    Die laaste 3 jaar van sy lewe was hy bedlênd en was permanent op asemhalingsmajiene gekoppel en het buisvoeding gekry omdat hy nie kon sluk nie.  Partykeer het ek gewonder of dit regtig ‘n geval van genade was en of dit nie beter sou wees om hom te verlos van sy leiding nie, maar inn my lewe het ek nog nooit ‘n mens teegekom met soveel guts en lewensblyheid soos Kobus nie. Hy het dinge uit daaie bed gedoen wat meeste normale mense nie eers oor sal droom nie.  Hy was my inspirasie en as die lewe bietjie druk het ek altyd by hom gaan kuier.  Toe hy oorlede is het ek gedink ‘n stukkie van my is saam met hom dood.  Ek het met sy begrafnis so gehuil dat almal my op die ou end probeer troos het in plaas van sy familie.  Nie eers sy familie het soveel gehuil soos ek nie.  Ek het darem gesorg vir ‘n bietjie humor ook want omdat ek nie lekker deur my trane kon sien waar om te ry nie, toe ry ek teen ‘n glasdeur vas.  Gelukkig was dit safetyglass en het niemand seer gekry nie, maar ek dink dit het die kerk ‘n paar rand gekos om die deur reg te kry want die glas het lekker gespinnerak.

 

Ek erken ek het nie juis baie guts nie.  Ek sal nie sommer iets op my eie aanpak nie.  Ek’s heeltemal te bang vir mislukking en gooi sommer vinnig tou op as iets nie die 1ste keer uitwerk nie.  Miskien is dit eerder ‘n geval van min selfertroue, maar dis nou 1eienskap van myself wat erg op my spiere werk.  Ek’s ‘n follower, beslis nie ‘n leader nie.

 

Ek moet groet.  Dis amper tyd vir my weeklikse martelsessie by die fisio.  Lekker naweek.

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s