Bye 4 now

Ek voer nou al vir omtrent 2 weke ‘n verlore stryd om ‘n klets kansie te kry.  Dit sal ook die laaste keer wees vir 2008. 

 

Ou Murphy het hom weer lekker kom tuismaak hier by my.  My printer het besluit dis was lekker maar dis nou klaar.  Vanoggend het ek ondek hy’s nog onder waarborg, so hopelik sal dit verniet reg gemaak kan word.  As hy weer reg is wil ek dit verkoop en vir my iets kry waar die papier voor inlaai want ek sukkel my oor ‘n mik om die papier in te kry agter.  Toe ek dit gekoop het, het ek spesifiek vir die tjoklitsmurf gevra waar laai die papier in en hy het my verseker dis voor…..

 

Ek is erg vies vir ‘n vriendin van my en nou weet ek nie regtig hoe om die situasie te hanteer nie.  Sy het per ongeluk my kamera laat val.  Ek weet dit was net ‘n ongeluk maar ek moes omtrent my tande stomp kou om nie op haar te gil nie.   Gister toe sien ek eers die plastiek omhulsel is gekraak.  Ek sal die kamera nou maar terug vat waar ek dit gekoop het en vra of dit reggemaak kan word.

 

Pikkie was so gaaf om my te tag met die volgende, nie dat my brein enigsins in staat is om sulke goed te beantwoord nie, want hy’s lankal in vakansie mode, maar hier gaat ons:

 

Noem ses dinge oor jouself wat die ander nie weet nie…  

1.          Ek is dood bang om langs ‘n bus te ry.  Dit voel of die goed my aantrek soos ‘n magneet as ek naby 1 kom.

2.          Voor ek dood gaan wil ek ‘n behoorlike passievolle vrysessie beleef net om uit te vind of dit rerig so WOW is soos dit in die flieks lyk….  (Hoe en wie die (on)gelukkige slagoffer gaan wees kon ek nog nie uitwerk nie, maar soos julle weet het ek ‘n baie aktiewe verbeelding)

3.          Om een of ander rede wat ek nie kan verklaar nie, is ek mal oor Volkswagen Beatle karretjies en Tweety.

4.          Ek hou nie van Desember-maande en die fees seisoen nie omdat die mensdom so ‘n surkus daarvan maak en heeltemal die ware betekenis verloor het en omdat daar so baie mense is wat eensaam en alleen is sonder geskenke.  Ek weet nie of dit net in my familie is nie, maar daar is altyd ‘n gedoente oor wie by wie kuier ens.

5.          Ek haat donderweer met ‘n passie en hou niks van goggas en goete nie.  Ek spot altyd dat ‘n bus my gaan doodry of die weer gaan my doodslaan omdat ek so bang is daarvoor

6.          Ek wil gaan valskermspring of bungeejump, maar ek dink ek gaan vrek van vrees voor ek op die grond is.

Die reëls sê ek moet nou 6 ander mense tag, maar die probleem is ek lees net 3 ander se blogs en dit is Wippie en Pikkie en Ingrid en sover ek weet is hulle al almal getag so ek breek nou maar die reëls vir vandag.

Kyk net die cute Kersvader wat ek by ‘n vriendin gekry het.  Jy druk ‘n koppie en dan bad die ding vir ‘n vale en sing uit volle bors Splish Splash I was taking a bath… en skop met die voete en elke ding

bad4 

bad21

 

Bye 4 now van my kant af.  ‘n Geseënde Kersfees vir almal.  Doen als wat lekker is met oorgawe.  Dankie vir almal wat kom inloer het en ‘n hartafdruk kom los het.  Hoop ek het darem iewers so ietsie vir iemand beteken  want julle inloer het vir my die wêreld beteken al was dit net ‘n woordjie of 2.

 

4 responses to “Bye 4 now

  1. Dankie dat jy so getrou jou huiswerk gedoen het Kriekerasie…. Ek moet nogal met jou saamstem oor die busstorie, my probleem is net om in een te ry… Julle weet mos ek is klostrofobies…

  2. Ai, nou kan ek nie besluit wie die oulikste is nie… Tweety of die Kersvader?

    Moenie alleen voel nie, ek hou ook nie van Kersfees nie, juis oor die alewige debat rondom wie wat moet doen, en by wie se huis, en daai aller-aaklige groteske kalkoen en die ware betekenis van die Christusfees wat blykbaar agterweë gebly het.

    Ewenwel: Mag Kersfees geseënd wees vir jou en jou familie, met 2009 besonder voorspoedig met ‘n oorvloed van geluk en liefde.

  3. Hi Krieks

    Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar vir jou en jou geliefdes!!

  4. Kriekerasie ‘n wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Ek wens julle, vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s