Eerste vir 2009

Kriekie is weer op haar pos. Hopelik is hierdie die 1ste van sommer baie kletssessies. ‘n Verwoede 2009 vir almal wat hier kom inloer. Mag die voorspoed jou verveel en teëspoed jou adres vergeet.

Eintlik is ek vandag als behalwe goeie geselskap. Eks al skoon verby moedverloor se vlakte met my kruppelgeite saam. As ek al die trane opgevang het wat ek al die afgelope 2 dae gestort het, kon ek al ‘n dam of 2 vol maak.Ek het nou al my arme Kalahari Ferrarie alle kante toe gemodify maar nog steeds kan ek nie ontsle raak van die spierspasma nie. Elke keer as ek dink nou’s dit beter, dan is dit weer terug en dit voel elke keer of dit erger is as die vorige keer. Ek drink spierverslappers soos smarties, maar ek begin dink eks imuun teen die goed. Eks nou al so desperaat, ek het ‘n melkboks tussen die armlening en die sitplek ingedruk om my agterstewe in plek te hou. Ek weet nie of dit net my verbeelding is nie, maar dit voel nogal of dit werk. Ek sal nou maar vir so dag of wat met die melkboks rondry om seker te maak of dit regtig ‘n verskil maak dan sal ek ‘n meer permanente plan maak. Ek lyk seker effe onlekker met die boks onder die arm, maar ek kan nie gepla wees nie. Gelukkig is dit nie ‘n bierboks nie…. Haai miskien moet ek dit try… dan kry mense die arme kruppelkriek met die bierboks so jammer en gee haar bietjie geld…. Ek spot nou net, maar nou die dag loop daar ‘n swarte al agter my aan en sê ‘laat ek gooi’ en hoe meer hy ‘laat ek gooi’ hoe vinniger ry ek om van hom af weg te kom. Toe ek uiteindelik stop om by ‘n winkel in te gaan vra hy my waar’s die boks. Toe kliek ek eers hy dink ek het ‘n kollekte blik. Toe voel ek eintlik soos ‘n hond want die arme ding wil sy laaste sente vir my gee en ek jaag topspoed om weg te kom.

Kersvader het my vreeslik bederf, maar hy’t amper gemaak dat ek my naam met ‘n plank slaan soos nog nooit tevore nie. Ek het die hele Kollenade plat gery opsoek na ‘n drukker, maar oral was die spesifieke 1 wat ek soek uitverkoop. Ek bestel toe vir my die drukker by die rekenaarwinkel in die sentrum agter ons huis. Ek maak die arme mense half mal om seker te maak ek het ‘n drukker voor Kersfees. Ek het die arme mense omtrent elke uur gebel. Intussen het my swaer vir my ‘n drukker gekoop vir Kersfees waarvan ek natuurlik niks weet nie. Gelukkg bel my sussie my ma om te sê hulle het die drukker gekoop en kon sy toe die koop by die winkel kanselleer. Ek was nie by die huis toe die hele storie gebeur het nie. Toe ek by die huis kom sê my ma die mense het haar gebel en kan eers die volgende week die drukker kry. Natuurlik is Kiepie op die daad soos ‘n bul wat rooi sien en ek wil sommer die winkel bestorm om hulle te gaan vertel hulle diens is by pateties verby, maar gelukkig het ek toe nie.

Toe ons geskenke uitdeel kry ek ‘n pakkie met Canon ink in en is toe sommer weer boos met die simpel winkel want wat maak ek nou met ink sonder ‘n drukker. Ek was nog besig om vir almal wat wou luister te vertel van die rekenaar winkel se swak diens toe bring hulle vir my die drukker. Ek kry amper die piep van opgewondenheid maar kon eers 2 dae later die ding uitpak en inwy. Toe ek die ding uit die boks het kom ons agter die papier laai nie bo-op soos my swaer gedink het nie, maar agter en daar’s geen manier dat hierdie kruppelkriekkie daar kan bykom nie. Ek toe sommer moedeloos en kry myself bitter jammer. Ek besluit toe ek gaan die drukker net so in die boks terugpak, die boks toeplak en probeer om die drukker om te ruil vir ‘n ander een. Nie dat ek regtig gedink het hulle sal dit toelaat nie omdat die boks reeds oop was, maar ons het vir hulle die situasie verduidelik en hulle was so hulpvaardig by Menlyn se Incredible connection hulle het nie eers na die boks gekyk nie. Ek wou eers Kollenade toe gaan omdat dit nader is, maar ek kon sommer oor die foon hoor hulle is nie baie lus om my te help nie.

Ek beter eers groet anders is ek n die dogbox want ek het ‘n vriendin belowe ek kom kuier vandag en Vadertyd is weer op topspoed vandag.

4 responses to “Eerste vir 2009

  1. Bly jy’s terug, het gereeld kom inloer om te kyk of hier dalkies ‘n inskrywing lê en wag.

    Het jy al ‘n infrarooi masseerder probeer vir die seer spiere?

    Bly Kersvader het vir jou ‘n drukker gebring!

  2. Ai mens. Dalk ‘n ekstra sessie of twee fisio? Het jy al Botox oorweeg?
    Bly jy het ‘n drukker gekry. Dis nou ‘n lekker present.

  3. Ja….dankie vir die lekker geselsies. Ek kan net vertrou dat 2009 se uitdagings ons meer gaan bied en dat ek dankbaar is vir vriende rondom my. Sien uit na ‘n lekker geselserige jaar saam jou. Mooi jaar vir jou en jou familie!

  4. Welkom terug, mag 2009 vir jou mooi wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s