Hoekom

Vandag voel ek darem weer so amper myself. Ek sien darem weer bietjie lig in die donker tonnel. Gelukkig oorval sulke gemoedsbek@&*ings (sorry ek weet dis nie ‘n baie mooi woord nie, maar dit is ‘n baie akurate beskrywing) my nie te gereeld nie, maar wanneer dit wel gebeur is dit sommer in oortreffende trap.

Gister, terwyl ek vreeslik jammer voel vir myself, bel ‘n vriendin om my te laat weet sy moes haar kokketiel laat uitsit omdat hy infeksie of iets in sy vlerk gehad het wat nie regtig genees kan word nie. O genade toe tjank ek eers vir ‘n plek in die eerste span. Ek kry haar so verskriklik jammer. Die voëltjie was haar als in die lewe. Sy bly in ;n tehuis vir gestremdes en ou Patches was omtrent haar enigste geselskap want die meeste van die ander inwoners is verstandelik gestremd.

Ek moet sê sy is ‘n baie strerker persoon as ek. As ek in haar posisie was wat my enigste troeteldier verloor het sou ek dit beslis nie so goed kon hanteer nie. My ma was gister-aand by haar en my ma sê ek het 10 keer erger gelyk as sy soos wat ek gehuil het vir haar part. Die lewe kan partykeer tog so onregverdig wees. Dis omtrent die 3de voëltjie war sy verloor in ‘n jaar. Asof sy nie al genoeg dinge het om te hanteer nie, maar nou ja, ons sal seker eendag antwoorde kry vir al die hoekoms in die lewe

Kuifie het nou ‘n lekker groot huisie ge-erf. Ek wil dit net eers behoorlik skrop en skoonmaak voor hy kan intrek. Nie laat hy juis baie gepla is oor ‘n hok nie want hy haat dit met ‘n passie om in die hok te sit. Kuifkop het gesorg dat my jaar op ‘n baie goeie noot afsluit. Hy het die 31ste vir die eerste keer in sy lewe uit sy eie gebad. Ek was so opgewonde soos ‘n ma wie se baba sy eerste tree gee want oral lees ek dat kokketiele baie lief is vir bad maar myme wil niks weet nie. Ek het gedink hy sal elke dag wil bad, maar nou wil hy weer niks weet van water nie. Miskien reken hy een keer ‘n jaar is genoeg vir hom. Ek sal nou maar sien of hy weer ‘n hele jaar gaan wag voor hy weer bad. Nou’s ek nog meer oortuig hy moet defnitief ‘n mannetjie wees want mans hou mos maar oor die algemeen nie juis van bad nie.

My pyne en skete is ook darem heelwat beter. Die melkboks het toe die ding gedoen en nou’t ek dit verruil vir ‘n aliminium plaatjie wat darem bietjie beter lyk as die boks. Ek’s nou op ‘n ernstige mision om my arms sterker te kry sodat ek nie so ‘nstoeigeveg moet hê om op die fisio se hoë bed te kom nie. Ek sal seker weer van Februarie af gaan vir my martel sessies

O ja, amper vergeet ek om dankie te sê vir die comments. Waardeer dit baie. Ag nou ja, ek moet nou eers weer winkels toe vir Maggie. Dis nogal moeilik om te glo, maar eks nou als behalwe lus vir shop. Ek dink ek moet ernstig begin belê in ‘n aircon vir my ferrarie met die hitte saam. Gesels weer.

new-image1

2 responses to “Hoekom

  1. Ag siestog vir jou vriendin, so jammer om te hoor van haar Patches😦

    Ja nee, jou Kuifie klink omtrent soos ‘n mannetjie, lol!

  2. Ag jou Kuifie is te pragtig!!!

    Van my af ook jammer om te hoor van jou vriendin se Patches!

    Sterkte met die oefeninge om jou arms sterker te kry! Dit help baie as mens gereeld oefeninge doen😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s