Murphy is ooraktief

Murphy is weer op sy stukke hier by my. Ek het nou so gehoop na operasie printer sal hy my bietjie uitlos, maar lyk my dit was wishful thinking as jy my vra. Verlede week besluit die dakwaaier in my kamer hierdie elke dag se getoutjies trek is sommer vir die voëls van nou af waai hy net op topspoed en ek kan nou maar toutjies trek tot ek blou word. Ek moet sê as ek ‘n waaier was sou ek ook gestaak het want die arme goed het oortyd gewerk die laaste tyd.

Incredible connection laat weet ek kan my ou printer kom haal wat ek ingegee het om reg te maak. Saterdag toe ons gaan om die printer te kry het hulle om een of ander onverklaarbare rede die cartridges uitgehaal en toe my ma die printer ingegee het, het sy spesifiek gevra hulle moenie uitgehaal word nie want as hulle eers 1 keer uitgehaal is werk dit nie en die ergste is daai cartridges wat daar in was was nog redelik vol. Die bestuurder het belowe om by die verskaffers uit te vind wat nou die storie is want daar was defnitief niks fout met die cartridges nie. Die probleem was by die papier voerder. Ek het ‘n idee hulle gaan nou weer met een of ander storie kom omdat ek generiese cartridges gebruik en nie die oorspronklike nie. Ons sal nou maar wag en sien wat gebeur.

Saterdag-aand wil ek my modem aanskakel, maar daar is als behalwe lewe. Na ek dit ‘n paar keer aan en af sit is daar weer aksie, maar die oomblik as ek die knoppie los is als weer dood. Ek bel Mweb se helpdesk om te hoor of daar iewers ‘n tak is waarheen ek die modem kan vat om te toets. Raai wat sê hulle vir my… take a peace of selotape and put is over the switch….. ek kon maar net my kop skud want glo my as dit gewerk het sou ek nie eers moeite doen om hulle te bel nie. My ma het die modem werk toe gevat en daar het hulle hom sommer vinnig gefix.

Sondag wil ek Jukebox opneem en al wat wil werk is die dvd-speler. Drie skoon dvds later gee ek toe maar moed op. Daai dvd gee my grys hare, wanneer dit hom pas neem hy op sonder probleme, maar dan kry hy weer ‘n nik en ek kan maar op my kop staan die ding weier om te tape. Ek spot altyd en sê die masjien is allergies vir Steve want toevallig is dit elke keer as ek iets van hom wil opneem dat die masjien met sy streke begin. Ek begin nou al dink dis nie sommer ‘n spottery nie…..

Ek het Saterdag ‘n vriendin raakgeloop (of seker raak gery in my geval) wat saam met my op skool was. Daar’s iets wat ek net glad nie kan verklaar nie. 95% van almal wat saam my op skool of kollege was is getroud of verloof of in ‘n vaste verhouding. Wat ek nie verstaan nie is hoekom kry hulle maatjies en ek nie? Hulle is net sulke kruppelkriekkies soos ek , maar duidelik doen ek iets verkeerd want ek het nog nooit eers ‘n boyfriend gehad nie, wat nog te sê verloof of getroud. Ag nou ja, ek is seker maar bestem om op my ownsome lonesome deur die lewe te gaan….

Fluit-fluit my storie is nou yt. Klets annerdag weer verder.
voel2

4 responses to “Murphy is ooraktief

  1. Ai Kriekkie, moenie moed verloor nie, jong! Daar is ‘n spesiale maatjie vir elke spesiale hart, en ek glo vas jy sal jou hartsmaatjie nog kry!

  2. Ek stem saam Krista, moenie moed verloor nie. Jou deksel is nog oppad!

  3. Ai, die ou Murphy wat jou net nie wil uitlos nie…

    Moenie moed verloor nie, jy’s nog jonk en die liefde sal jou wel vind.

    Ter afsluiting: Dis Incredible Corruption, nie Incredible Connection nie… hehehe

  4. 1. Hello jy!!!!!!!!!!!!!

    2. Maxie stem 100% saam jou en

    3. Vat my as voorbeeld…..moes wag tot ek in my dertigs was voor meneer reg hom kom voorstel het. Bly ons maaikie solank jy wil en ons lief jou.

    Groetnis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s