Nee regtig, dis nou nie meer snaaks nie. Kry die tokkelossie of iets, maar ek moet nou dringend ontslae raak van Murhy. Vrydag op pad terug van die hospitaal af toe breek my stoel. Gelukkig kon ek darem by die huis kom. Om een of ander rede bly die linker motor probleme gee. Dit het iets te doen met die magnetiese remme of iets, maar die boetietjie wat aan die stoel werk beter nou ‘n ander plan maak want ek kan nie elke 2 maande aan die stoel laat werk nie. Dis darem bietjie te erg. Hy kan eintlik bly wees ek like hom baie, anders het ek lankal my toys begin rondgooi.

Gister oggend kom ek agter Elvis het ‘n hengse seer op sy wang. Ek kan nie verstaan dat ons dit nie vroëer raakgesien het nie want dis defnitief iets wat al ‘n rukkie daar sit. Ek het eers gedink dis ‘n abses maar dit lyk darem vandag heelwat beter na my ma salf en medisyne opgesit het. Ek het so sleg gevoel toe ek dit sien, watse soort “ma” is ek wat nie eers agterkom haar ‘seuntjie’ het ‘n seerplek nie. Dis ook maar goed ek het geen behoefte om kiddies hê nie.

Dat die arme Kuifie dit oorleef is net ‘n wonder. Gister vergeet ek van die arme ding op my skouer toe ek ‘n bal wil gooi en daar trek die arme voël. Hy’t darem nie te hard met moeder aarde kennis gemaak nie, maar sy voetjies het gebrand op die sement. Ek het so gewens ek het ‘n kamera om hom af te neem, hy het so komieklik gelyk gelyk soos hy probeer het om sy voete hoog genoeg op te tel om nie te brand nie.

Ek het toe Saterdag die Kollenade gaan aandurf op elbow power. As ek elke week so sessie kan inwerk is ek binne ‘n maand topfiks. Ek was later by moeg verby, maar het dit darem oorleef. Die onafhanklikheid wat ‘n elektriese stoel mens gee is wonderlik, maar dit maak jou ongelooflik onfiks. Voor ek my fararie gekry het, het ek kilometers ver op elbow power gery. As ek dit nou moet doen tel hulle my vir dood op na die 1ste km.
Ek is erg vies vir myself want ek het ‘n fiets ook gehad waarmee ek die wêreld plat gery het wat baie goeie arm oefening was, maar toe kry ek iemand jammer omdat dit die enigste manier was waarmee hy oor die weg kon kom en ek gee my fiets vir hom. Nou wil ek myself skop dat ek so stupid kon wees, maar nou ja, spyt kom mos altyd te laat.

As ek nie nou ophou klets en my Avon bestelling doen nie, het ek moeilikheid. Ek hoop almal het ‘n rooskleurige Maandag vandag vol lekker verrassings en goeie dinge.
hond4

2 responses to “

  1. Ag jinne mens, ek hoop dat dit spoedig weer beter gaan met jou!

  2. Sterkte Krieks, die week is al amper op sy rug – OK, nie regtig nie, maar hoop beskaam nie!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s