Jonk Bly

HOE OM JONK TE BLY ….IN 2009!!

1. Probeer alles tweekeer:
‘n Grafskrif het gelui:
“Tried everything twice…both times were moerse nice!”

2. Behou jou grapgat vrinne
Die suurgatte trek jou onder.
(Sorg dat JY nie daai suurgat is nie!)

3. Hou aan leer..
Leer meer oor skete, etiket, enigiets.
Moenie toelaat dat jou brein muf nie!

4. Geniet die eenvoudige dinge.

5. Lag dikwels, lag lank en lekker.
Lag tot jou blaas lek!
En as jy’n pel het wat lekker nonsens praat,
spandeer meer tyd saam met haar/hom.

6. Trane kom.

Tjank dat die snot spat, en beweeg dan aan.
Die enigste mens wat ALTYD, regdeur jou lewe by jou is, is jyself.
LEWE terwyl jy nog lewe het.

7. Omring jouself met dit waaroor jy mal is,
Of dit nou pelle, familie, diere, sentimentele junk, musiek,plante, of kitch is.
Jou huis is JOU plek!

8. Bewaar jou gesondheid:
As jy OK is, moenie nonsens aanjaag nie,
As jou kop raas, sluit by ‘n ‘support group’ aan,
As jy nie lekker is nie, kry hulp.

9. Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie.
As daar te lope is, doen dit in die winkels, in jou tuin,
in die bosveld, langs die see of selfs in vreemde lande.

10. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is, gee drukkies op
strepe …. more trek jy dalk jou hout-jas aan, dan’s dit te laat!

2 responses to “Jonk Bly

  1. Mmmmm ek neem kennis hoe om jonk te bly!! LOL

    Lekker week!

  2. Nogal goeie raad die!!!!!!!!!!!!!!!!!!Moet elke dag een vat en my leuse maak vir die dag.

    Dankie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s