anger
Gister was ek so naby aan kinder moord dit was eintlik scary. Vyf-uur kom Virginia van die naskool af met die wonderlike nuus dat sy nie huiswerk gedoen het nie want juffrou het gesê hulle moet die huiswerk by die huis doen. Ek dog toe dis seker ‘n taak of ‘n ding want die ander huiswerk word gewoonlik by die naskool gedoen. Toe ek die storie mooi bekyk en beluister, toe’s dit net die gewone huiswerk soos elke ander dag, maar omdat haar juffrou gesê het die huiswerk moet by die huis gedoen word het sy eers gewag tot sy by die huis kom. Na ‘n baie lang verduideliking het sy uiteindelik verstaan sy moet haar werk by die na-skool doen want sy kom nie huis toe nie. Ek het haar juis in die naskool gesit sodat hulle haar kan help met huiswerk want ek en sy beklei vreeslik as daar moet huiswerk gedoen word want sy dink dis een groot speletjie en vet pret as ek kwaad word. Sy maak my aspris kwaad want dis vir haar tog so mooi as ek so rooi word….
Ek is sommer vies vir die naskool ook want hulle moet mos kyk of die kinders huiswerk het. Natuurlik sal die kinders sê hulle het nie huiswerk nie want hulle wil speel.

Toe operasie huiswerk nou uiteindelik begin het Virginia nie ‘n clue waar die somme is wat sy moet doen nie, maar sy weet sy moet somme doen maar weet nie waar dit is nie….. en my moermetertjie klim al hoër. Toe sy uiteindelik die somme kry kan sy die eenvoudigste somme nie doen nie want sy’s moeg en die ander weet sy nie hoe om te doen nie. Ek weet uit ondervinding as sy eers gaan speel of iets anders doen na skool kry jy met haar net mooi niks reg as sy moet huiswerk doen nie. Dit kos my om ‘n maatjie se ma te bel om uit te vind hoe werk die somme. Toe ek op skool was was somme net somme, daar was nie trein somme en spinnekop somme en al sulke ingewikkelde goed nie. Die trein somme is toe nou eintlik heel eenvoudig maar ek kan verduidelik tot ek pers is Virginia verstaan net mooi niks. Ek is by moedeloos verby en Virginia is min gepla, sy sing en doen als behalwe om te konsentreer. Kyk toe wil ek opstyg van boosaardigheid en sy dink dis baie cool dat hierdie witmense so rooi kan word as hulle kwaad word.

Op die ou end is die somme gedoen, maar wat Virginia daarvan verstaan bly nog steeds ‘n mystery. Ek verduidelik op die eenvoudigste manier moontlik, maar niks werk nie. Ek verstaan die onderwysers kan nie by elke kind uitkom nie, maar hulle merk net eenvoudig die goed verkeerd en verduidelik nie vir die kind hoekom dit verkeerd is nie. Verginia het bv Januarie oral in haar boek verkeerd gespel, maar die Juffrou het dit nog nie eers agtergekom nie, so Virginia hou maar aan met die verkeerde spelling want niemand help haar reg nie.

Voor almal nou op my case klim, ek dink onnies is wonderlike wesens want ek sou lankal in die tronk gewees het vir moord as ek elke dag 20 of meer kiddies moes besig hou, dis net vir my sleg dat hulle nie by al die kiddies kan uitkom om hulle te help as hulle sukkel nie.

Ag nou ja, noudat ek bietjie stoom afgeblaas het en darem nie meer moordadig is nie, moet ek seker groet.

2 responses to “

  1. Ai, ek weet van. Gelukkig is my kroos net een van 9 of 10 in die klas en daar is tyd vir persoonlike aandag. Ek vrees egter die volgende paar jare….dan gaan ek saam bene kou. Kom ons vertrou maar die juffrou is geduldiger as ek.

    Voel ma al beter na al die “oefening”? Die wii ding is lekker jong….!

    Groetnis tot later

  2. 😆
    Sy toets jou maar net.

    Maar ernstig nou: wiskunde is vrek belangrik. Solank sy die basiese begrippe onder die knie kry, is alles reg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s