“Operasie voël flop”

att18748511

Na al my moeite, verdriet en stres met “operasie voël vir vriendin, kom voël van vandag af by my bly want vriendin en voël kom nie reg met mekaar nie. Voël wil blykbaar net in die hok bly en byt erg as vriendin hom wil uithaal. Vriendin wil voël cuddle en hê hy moet by haar sit maar voël wil niks weet nie….

Nou ja, voël is Bubbles gedoop en Bubbles dood gelukkig op my skouer. Kuifie is nie baie gelukkig nie, maar ek is dood seker die 2 sal mekaar gewoond raak. Ek dink Vriendin het Bubbles onwetend seer gemaak, dis dei dat hy niks van haar wil weet nie. Ek dink sy’t die arme ding heeltemal uitgestres want 2 dae na ek hom vir haar gegee het, is voël veearts toe net om te gaan seker maak hy’s gesond. Die veearts wou toe nie sy naels sny nie omdatt hy nog te jonk is. By die huis gaan fyl vriendin sy naels… ek’s oortuig dis die rede waarom hy haar wil byt. Ek’s nie snaaks nie, maar as ek sulke behandeling moet kry pas na ek van my ma af weggevat is sal ek ook byt.

Ek was erg omgeklits oor die hele gedoente want ek het vreeslik baie moeite gedoen om ‘n voëltjie te kry wat aan al vriendin se vereistes voldoen…. Om nie eers te praat van die moewiese familyfight wat ‘operasie-voël’ veroorsaak het nie en op die ou end was als verniet. Aan die ander kant is dit ‘n goeie ding dat dit gebeur het want dit was die cherrie op die koek vir my persoonlik. Daar is nie ‘n manier dat ek weer gaan toelaat dat my vriendinne my manupileer omaan al hulle giere en grille te voeldoen nie, van nou af gaan hulle ‘n ander kant van my sien want ek het myself nou lankgenoeg benadeel vir ander. En 9 uit die 10 keer word dit nie eers waardeer nie en ek stres myself 10 jaar ouer om ander te please.

Vriendin gaan nou vandag vir haar ‘n nuwe voëltjie uitkies by die petshop. Daar is ‘n pappagaai vir R500 wat sy wil hê. Ek’s nie snaaks nie, maar as sy R500 vir ‘n voëltjie kan betaal, moet sy nie weer by my kla oor finansies nie…. Ek het R180 vir Bubbles betaal wat al klaar vir my baie was. ‘n Vriend het my darem help betaal sodat ek dit vir haar as geskenk kan gee omdat ek weet sy kan dit nie regtig bekostig nie. Maar van nou af gaan sy ook nie weer ‘n ding uit my kry nie. Sy kan maar vra tot sy pers is, ek gaan my doof hou. Sy wil al ewig foto’s en dinge gedruk hê, en ek het dit maar gedoen omdat ek haar jammer kry… niemand kry my jammer as ek ink moet koop nie, so dit was lekker maar dis nou KLAARRRR….

Ek het nou genoeg gekla en kerm…. Jammer as ek julle verveel het… Sal een of ander tyd ‘n foto stuur van die nuwe toevoeging tot die familie. Ek het eers daaraan gedink om hom weg te gee, maar hy’t klaar pens en pootjies nes geskrop in my hart.

2 responses to ““Operasie voël flop”

  1. Kriekie, dis nou ‘n gemors!

    Mens moet jou nie so deur vriendinne laat manipuleer nie. Vriendskap het 2 kante, en elkeen moet bereid wees om werk in te sit in ‘n vriendskap.

    Maar ja, ek laat my ook so vang!!! Sommer baie kere te veel! 😆

  2. Laat dit goed gaan met die nuwe familielid. wens jou sterkte toe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s