Nog ‘n toilet fiasko

Met elke nuwe campaign van Avon neem ek myself voor ek gaan nie weer tot op no 99 wag voor ek bestellings plaas nie, maar ai, soos gewoonlik hwet daar weer niks van my voorneme gekom nie. Maandag was ek heeldag daarmee besig. Ek sê altyd as ek ‘n keuse het sal ek eerder bietjie langer wil wees as om te kan loop, maar ek het intussen van plan verander… ‘n bietjie meer spoed sal baie meer waardeer word. Ek het net 10 bestellings gehad, en dit het my heeldag gevat. Dis darem bietjie te erg, al moet ek dit nou self sê.

Ek het darem ‘n fisio sessie ook ingepas. Dis eerder ‘n martel sessie vir my, maar ten minste weet ek dit is die moeite werd op die ou end. ‘n Vrou wat ook by die selfde fisioterapeut is het nou die dag gespot dat sy kan bly wees sy ry met ‘n kar want as sy in die straat stap sal ‘n mens haar sommer maklik kan omry na jou sessie om op te maak vir jou pyn en leiding as sy met jou klaar is. Daarmee stem ek nogal saam. Dis defnitief net ‘n fisio terapeut wat die voorreg het om mense seer te maak en dan nog daarvoor betaal te word ook. Partykeer weet ek nie of ek moet lag of huil terwyl sy met my besig is nie, om van die dag na die sessie nie eers te praat nie, maar as my pyne en skete hier by die 2de dag begin minder word is ek dankbaar vir die marteling.

Saterdag het ek alweer ‘n ‘toilet-ondervinding’ by die Kollonade, maar die keer het my moermetertjie darem nie oortyd gewerk soos die vorige keer nie. Toe ek voel hierdie hasie in my blasie soek aandag, gaan ek badkamer toe. Soos gewoonlik is daar iemand in die toilet vir rolstoele en daar’s geen manier dat ek in die ander hokkies kan in nie. Gelukkig was hasie nie te haastig nie en ek wag maar geduldig. Elke 2de skoonmaker en sekeriteitswsg wat my sien wil my kom help en dan hoor hulle daar’s iemand in. Ek kon van die persoon in die toilet se stem afly dat hy een of ander gestremdheid moet hê. Daar kom toe weer ‘n BAIE ywerige sekeriteitswag verby en besluit hy gaan hierdie arme Kruppelkriekkie nou help. Hy kon seker op my gesig sien hasie raak nou ernstig om uit te kom. Hy hammer aan die deur en vra ‘n paar keer vir die persoon binne of hy in a wheelchiar is en hy sê nee. Uiteindelik kry sekirieteit die deur oop… Binne staan ‘n arme outjie, so kruppel soos môre heeldag en defnitief ‘n varkie of 2 ook verlore, alhoewel hy nie in ‘n rolstoel is nie. Die arme ding kon om een of ander rede nie sy broek behoorlik aan kry nie en my ma is ook nie links nie en gaan help hom toe maar om al sy klere aan en op te kry en hy please-explain vir ‘n vale en vra groot omverskoning. Ek het die arme boetietjie skoon jammer gekry want dit moes vir hom ‘n groot verleentheid gewees het, maar dit was eintlik baie snaaks. Die ander mense wat die gedoente aanskou het, het seker gedink ek’s ‘n gevoellose koei want ek kon nie ophou lag nie. Dit het so komieklik gelyk toe my ma die boetietjie behoorlik in sy broek in skud (sy’s gewoond om my klere op te kry moet mens redelik skud en skommel) en Boetie vra om verskoning dat dit klap. Elke keer as ek daaraan dink, begin ek sommer weer giggel.
Ek weet nie wat is dit met my en die Kollonade se toilette nie, maar daar’s alewig een of ander fiasko aan die gebeur.

My Sus het die 2de April 40 geword. Ons het Saterdag-aand by Patchas gaan eet. Daai plek se kos is…. hemels… eintlik is daar nie regtig ‘n woord om te beskryf hoe lekker dit is nie. Ek sou beslis nie omgegee het as ek iewers ‘n spaar magie kon kry om vol te maak nie. Selfs die milkshakes was die lekkerste wat ek nog ooit geproe het. Ek’s net baie bly ek het nie nodig gehad om die rekening te betaal nie want ek glo dit was meer as my jaarlikse pensioen. Ons kon ongelukkig nie baie lank bly nie want Oompie se knie het hom behoorlik laat les opsê. Hy is gister weer in teater toe want sy knie het gevries en weier volstrek om te buig. Die knie is toe onder narkose gebuig en hy moes toe heelnag op ‘n masjien lê wat sy knie buig en reguit maak. Hy is darem nou weer terug by die huis, maar erg in pyn.

Ek gaan nie weer voor die 15de ‘n kletskansie kry nie, so ek sal eers weer die 15de op my pos wees. Ek wens almal ‘n geseënde paasfees toe.

dscf1171

2 responses to “Nog ‘n toilet fiasko

  1. Mooi foto van jou en sussie. Ek kan net lag kry vir jou en jou eskepades. Jy maak my dag.!

  2. Ek leef my in jou gegriffel in, dankie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s