Hier’s ek weer

Hier’s ek weer op jou skerm (ek kon nie die regte deur kry nie, so die skerm sal maar mot doen. Ek besit ongelukkig ook nie ‘n rooi rok nie want rolstoele en rokke is nie my gunsteling kombinasie nie, maar al wat belangrik is is ek’s hier. Ja ek weet ek hap nou lekker bubbles, maar ek’s lus vir nonsens praat vandag, of seker eerder nonsens tik.

Ek’s tog so dankbaardscf1217a1 ek het nie in die voortrekkertyd geleef nie. Dink net as ek daai vreeslike lang rokke moes dra. Ek sou dit beslis nie oorleef nie. Dis eintlik snaaks dat die mense daai tyd so baie kinders gehad het. Ek sou dink daai rokke sou gegoeie voorbehoeding maak want teen die tyd wat sy die rok uit het is meneer so moeg gewag dat sy lus heeltemal geblus is…..

My Sus se baby het die naweek ‘n hele 4 jaar oud geword. Ons het te lekker partytjie gehou, maar die birthday-girl was nie beïndruk om die centre of attention te wees en almal wat wou foto’s neem nie. Natuurlik was ek ôk ‘n kinders en het my eie boksie met sweeties gekry waaraan ek die heel naweek geknibbel het. Dankie tog, dit was nou die laaste vejaardag tot in Junie wanneer ek ‘n beurt kry. Hoe my familie dit reg kry dat 8 van hulle in ‘n maand se tyd verjaar bly ‘n raaisel. Duidelik is Junie ‘n baie romantiese maand…. of die pilletjies nie lekker as dit koud is nie.

Ek het Sondag ‘n Abba & Queen tribute gaan sien by die Barnyard. Dit is die 2de keer wat ek dit sien, maar ek glo nie ek was die eerste keer mooi by nie want ek kan niks daarvan onthou nie. Ek het seker te veel vir die mooi mannetjies op stage gekyk of iets.

Te danke aan Steve en die koerante werk my arme telefoon weer oortyd van Sondag af. Ek het ‘n vriendin wat ‘n goeie maaikie vir Bertie van Egoli sou wees alhoewel Bertie nog ‘n varkie of drie meer het as my tjommie. Haar daaglikse bestaan draai om Steve en sy doen en late en dis al waaroor sy heeldag en aldag praat. Sy bel my elke dag en partykee sommer 3 of 4 keer per dag. Dit kan nogal intressant wees om haar weergawe van di artikels en berigte te hoor en ek lag partykeer lekker want dit maak nie saak wat Mnr. Hofmeyr sondig nie, volgens haar is hy altyd onskuldig en ek probee nie eers om haar reg te help nie want ek mors net my asem.

Eintlik is ek nogal bly as daar iets nuuts van hom in die koerante kom want dan beteken dit ons onderwerp van bespreking verander bietjie. Sondag was vriendin skoon in trane want volgens haar familie is Steve nou besig om sy naam met ‘n plank te slaan omdat die nuwe “vriendin” soveel jonger is as hy. Volgens my het Steve lankal sy naam met ‘n plank geslaan, maar toemaar… En nou is vriendin baie bekomerd hoe gaan sy by Steve se shows kom as haar ma en haar sussie nie meer van hom hou nie. Ai ek het al my dae gehad om die arme ding te kalmeer. Ek het belowe as ek shows toe gaan vat ek haar saam. Nie dat daar enigsins its in di vooruitsig is nie. Met die prys wat die goed deesdae kos glo ek in elk geval nie ek sal baie gou daaroor hoef te worry nie.

‘n Ander vriendin bel ook hoogs ontstig oor die ouderdomsverskil. Sy wonder waaroor praat mens as daar so groot veskil is…. Met Steve se repetasie glo ek nie daar word veel gepraat as jy my vra nie….. Ek sê toe vir haar dis glad nie so erg nie, want ten minste is Mev. Hofmeyr 2 be ouer as sy kinders en nie soos wat dit in my geval was dat my pa se nuwe liefde 2 jaar jonger as ek was nie. (Dankie tog sy’t darem nie my stiefmonster geword nie. Nog ‘n pluspunt is dat Steve darem nog nie Piet Koornhof se streke uitgehaal het nie.

Eintlik kry ek die vrou jammer. Ek sal beslis nie met haar wil plekke ruil nie. Om met 3 buite-egtelike ma’s en kinders, ‘n ex-vrou en kinders, ‘n spul jaloerse ‘fans’, die media en die nukke en grille van Steve Hofmeyr te ‘cope’ sit beslis nie in enige ou (of eerder vrou in die geval se broek nie.

Ek het nou meer as genoeg geklets en gegorrel vir een dag. Ek behoort ‘n redelike intressante Donderdag te hê want vriendin kom kuier so ons gaan heeldag Steve se doen late bespreek…

2 responses to “Hier’s ek weer

  1. Whahahahahaha, ek sit nou hier en ruk soos ek lag!!! Jy maak my Donderdag ook sommer baie beter… 😆

  2. “Ek sou dink daai rokke sou gegoeie voorbehoeding maak want teen die tyd wat sy die rok uit het is meneer so moeg gewag dat sy lus heeltemal geblus is…..”

    Nee sussie, het jy nog nie gehoor van rok-optel nie? Die manne het nie gewag vir uittrek nie, die rok is sommer so in die by-and-by opgetel en business afgehandel . . .😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s