Gebed vir besige mense

bear

‘n Mooi gebed vir besige mense:
Here, ons het ‘n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme,
Moeg vir mense. Ons het veral moeg geword Om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, móét ons
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees
Met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende,
Toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees
Sjoe, dis ‘n oorvol mondvol!
Vandag wil ek sommer net by U kom rus
En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge
Wat regtig saak maak en die
Dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is..
Maak huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise
In my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.

In U naam vra ek dit,

Amen

One response to “Gebed vir besige mense

  1. Dankie, hierdie een gaan ek print en op my yskas tussen ouboet se modderskildery en popsie se spoegprentjie sit…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s