Kriekkie is opgeklits

Ek is sommer opgeklits. Eintlik is dit seker onnodig maar nogtans…
Gister gaan ek saam met Maggie en haar sussie se kind na die winkelsentrum agter ons huis. Sy loop haar draaie en ek gaan my koers in. Ons spreek af om mekaar weer by Truworths te kry.

Ek’s voor hulle klaar en gaan soek hulle in Truworths. Ek sien hulle nie dadelik raak nie en gaan weer uit. Maggie-hulle was toe nog binne die winkel en toe hoor sy hoe sê die een verkoopsdame vir die ander hulle moet my goed dophou want ek steel. Ek het nou die dag iets by Pick & Pay gesteel en toe die sekiriteit agter my aankom het ek glo vreeslik gehuil. Die 2 dames het natuurlik nie geweet Maggie ken my nie, die dat hulle so lekker geskinder het. Ongelukkig het Maggie my eers vertel toe ons al weg is anders het ek hulle dadelik gaan aanvat omdat hulle sulke str@nt praat. Ek gaan hulle defnitief volgende week aanvat. Ek wil net eers bietjie afkoel want anders mag ek dalk iets doen of sê waaroor ek later spyt gaan wees. Ek weet ek gaan in elk geval net my tyd mors want hulle gaan dit weer ontken soos die vorige kere

Wat my die kwaadste maak is dat dit nou al die 3de keer is dat die storie die rondte doen en elke keer is dit iemand anders wat dit vertel. As ek ten minste iets gehad het om daarvoor te wys, sou dit ook al gehelp het. Ongelukkig het ek ‘n baie oorywerige gewete wat my nie sal toelaat om iets te steel by ‘n winkel nie. Die naaste wat ek daaraan kom om iets te steel is dvds en cds van vriende wat ek copy. Ek maak beslis ook nie geld daaruit soos party wat die gecopyde goed verkoop nie. Maar glo vir my, my geweete kla my erg aan daaroor ook omdat ek weet dis eintlik onwettig om die goed te copy.

Duidelik het ek ‘n evil twin iewers waarvan ek nie weet nie. Of ek het ‘n ernstige gesplete persoonlikheid wat net na vore kom as ek by ons sentrum is. Aangesien ek in elk geval daarvan beskuldig word, moet ek dalk mar begin om my repitasie gestand te doen en begin steel. As ek dan gevang word, kan ek altyd insanety pleit  :-) En ek sal nog daarmee weg kom ook want 99% van die samelewing dink mos as jy in ‘n rolstoel is het jy ook nie al jou varkies op hok nie.

Ek moet vanmiddag iemand help met 2 skooltake. Eks so dankbaar ek s nie meer in die skool nie. Die goed wat die arme kiddies deesdae moet doen is vir my totaal grieks. Ek wil sommer weg hol as ek net dink dieselfde lê nog vir Virginia voor.

My ma het ‘n vriendin wat mal is daaroor om take te doen en ek het haar al klaar mooi laat verstaan as Virginia begin take kry gaan ek baie vir haar kuier. Sy sien baie uit daarna. Ek’s oortuig daarvan sy’t ‘n varkie of 2 missing om so opgewonde te kan raak oor so baie werk.

Dis nou eers genoeg van my kant af. Lekker naweek.

beerposbus

One response to “Kriekkie is opgeklits

  1. Hello jong, jis dis darem maar kak as mense jou so onnodig verdink en dan daaroor skinder!

    Kry jy darem van die mail wat ek vir jou stuur?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s