Kriekkie se herdenking

8 sept
Ek het verlede week ‘n gebeurtenis herdenk wat ‘n baie groot invloed op my lewe gehad het. Die 8ste September was dit 19 jaar terug wat ek my 1ste Steve show gaan kyk het.

Ek onthou dit asof dit net gister was. Dit was ‘n vriendin van my se verjaardag en ek is onder erge protes saam. Ek was verskriklik skaam en wou net niks weet van hierdie mannetjie wat hom verbeel hy kan sing nie. Ek het heelagter gaan sit en wou nie naby hom kom nie.  Ek het bloedrooi gebloos soos julle  kan sien op die foto’s

Ek hoef seker nie te sê aan die einde van die show het ek my opinie heeltemal verander nie. Toe die Steve-gogga eers byt het hy gebyt om nooit weer te los nie.

Ek het wonderlike vriendskappe gebou wat ek vir niks in die wêreld sal verruil nie.   Een van my heel beste maaikies was ook by my heel eerste show.  Toe’t ons nog nie eers van mekaar gewwet nie.  Dit ws eers verlede jaar toe ek na haar albums kyk, dat ons agtergekom het ons was by dieselfde sow.

Ongelukkig het ek ook heelwat mense leer ken wat hulle ‘vriende’ genoem het waaarvan ek eerder sal wil vergeet. Daar is sekerlik van sy fans wat so oor my ook voel, maar ek sukkel al vir 19 jaar lank om te verwerk dat mense so jaloers kan wees op mekaar oor iemand wat nie 1 van hulle kan kry nie. As 1 net 5 minute langer aandag kry van die arme man wat maar met almal gaaf en vriendelik, begin die naels wys. Wat ek seker nooit sal verstaan nie is die fans wat mekaar by vertonings om die nek val en druk en soen asof hulle die bese tjommies denknaar is, maar agteraf beskinder die spul mekaar so dis net nie waar nie. Ek erken ek is seker ook skuldig, maar ek probeer so min as moontlik betrokke raak,

Ek sal jok as ek sê ek was nog nooit spyt dat die Steve-gogga gebyt het nie. Daar het al heelwat familie-oorloë ontstaan a.g.v Steve, (meestal omdat vervoer vir my ‘n probleem is)en ek glo in die toekoms gaan daar ook nog heelwat gevegte plaasvind. Ek het al heelwat trane gestort as ek weens my omstandighede nie die dinge kon meemaak wat van my vriendinne gedoen het soos bv. bootreise en sulke dinge nie, MAAR die vreugde en genot maak dubbel en dwars daarvoor op.

Voor ek in die Sondag koerant kom omdat ek sê hy verskaf my genot, moet ek net sê ek het nog altyd ‘n ding vir mans met blou oge gehad. Steve kan my knietjies goed lam maak om van my hormone nie eers te praat nie. Ek meen mooi was nog nooit lelik nie maar ek was nog nooit agter sy lyf aan nie. Ek hou nie eers daarvan as hy my soengroet nie.

Andries wat op die oomblik vir Steve kitaar speel is ‘n heel ander storie. Ai daai mannetjie doen dit vir my. Ek sal glad nie omgee as hy sy skoentjies onder my bed kom bêre nie…. Ja ek weet hy’s getroud en ek dink hy’t die gelukkigste vrou op aarde, maar daar is mos niks fout met kyk nie.

Ek weet hy wen loshande die beker as dit kom by droogmaak en ek stem baie beslis nie saam met als wat hy aanvang nie.
Van sy sienings oor geloof en godsdiens praat ek nie eers nie. Ek verstaan heeltemal niks daarvan nie. In wie of wat hy glo is ook nie my probleem nie. Ek weet daar is ‘n Liewe Jesus wat vir my sondes gesterf het en wat my elke dag oppas en dit is heeltemal genoeg vir my

Hy was nog altyd net gaaf en vriendelik met my. Hoeveel vrouens en skelmpies hy wil aanhou het niks met my uit te waai nie. Solank hy met die gevolge kan saamleef kan hy ‘ hele harem aanhou vir al wat ek omgee.

Almal weet nou al by die tyd dat vrouens sy groot swakheid en dat hy hulle nou maar een maal nie kan weerstaan nie. Die vrouens is ook nie so onskuldig nie. As ek R1 kon kry vir elke vrou wat ek al deur die jare by shows gesien het wat maar te gewillig sou wees as Steve net sy vingertjies klap, was ek defnitief Bill Gates 1 voor wat rykdom betref.

Ek is en sal seker altyd ‘n fan bly omdat Steve ‘n stunning mens is en ‘n uitstekende liedjieskrywer, sanger en akteur en ‘n uitstekende droogmaker.

Hier is 1 van die gediggies wat ek in ’91 vir Steve geskryf het.

Steve
Jy is my droomheld
Jy laat alle weerstand smelt
In jou diep blou oë
Het ek my hart verloor

Jou blonde hare
Roer my hartsnare
Al sê die mense jou sleg
Sal ek altyd vir jou veg

Jy het ‘n persoonlikheid duisend
‘n Geaardheid so bruisend
Ek dink aan jou in die dag
Droom van jou in die nag

Jy is ‘n vriend wat verstaan
Sonder jou sal ek vergaan
Vir my is daar altyd net jy
Nie eers die dood sal ons skei
Jy sal altyd in my denke bly

18

2 responses to “Kriekkie se herdenking

  1. ja.. ek hou ook baie van Steve se musiek..

    ek verstaan ook nie waarom vrouens so skreeuend mal kan te kere gaan oor ‘n celeb nie.. ENIGE celeb.. hulle wil skoon vlou word!!

    Ek sal ook altyd sy musiek luister maak nie saak wat allie koerante oor hom kwyt raak nie.. dis SY lewe..

    as hy so wil leef moet hy maar, want ek leef soos ek wil en as ek sy musiek wil luister.. doen ek dit.. en as ek na sy shows wil gaan kyk.. dan doen ek dit ook.. maak nie saak van die ander om my wat nou weer iets te sê het oor sy laaste mannewales nie..

    as almal maar net die celebs se persoonlike lewe wil uitlos.. sheesh..

  2. Ja, Kriekkie meer kan ek nie met iemand saam stem nie, dit was nog altyd iets wat my verbaas het om te sien hoe mense mekaar sal seermaak en oor iemand sal loop letterlik om naby ‘n celeb te kom, dan dink hulle nie eers daaraan dat daai ou dalk more nie eers meer jou gesig sal onthou nie.
    Ek het verlede jaar gereel dat iemand iets spesiaal vir Steve gee en ek was heel tevrede om een kant te gaan sit terwyl hulle, hulle kans kry om met hom te chat, dit was after all iemand anders se “oomblik”. Ek het later met iemand op die verhoog gestaan en praat terwyl die groetery onder aan die gang was en dit was net soos jy se, mense wat verklaar dat hulle beste pelle is was openlik ongeskik met mekaar, omdat hulle maniere seker nie saam kom show toe nie. My ma het my geleer as iemand besig is om met iemand te praat chip jy nie in nie, maar duidelik werk dit nie so nie.
    Mooi week vir jou.

Lewer kommentaar op ingrid Kanselleer antwoord