Kriekkie is geNLP

‘n Heelwat wyser Kriekie is weer terug op haar pos. Die NLP kursus waarop ek was is ongelooflik. Ingeval jy wil weet waarvoor NLP staan, die geleerdes noem dit “Nero Linguistic Programming”. Toe ek dié vreeslike lang woord sien het ek nogal gewonder waarvoor ek myself ingelaat het, maar dis toe nie naastenby so ingewikkeld soos dit klink nie Jy leer basies om mense te manipuleer (natuurlik sonder dat hulle dit agter kom) sodat jy altyd uit ‘n situasie kan kry wat jy wil. Jy leer om na die grooter prentjie te kyk en nie net by ‘n probleem vas te hak nie. Wat vir my die ergste van als was, dit is algemene, logiese dinge wat ons elke dag gebruik. Mens moet net leer om dit reg in te span en nie sommer impulsief reageer op situasies nie. Ek is BAIE skuldig daaraan want ek doen eers en dan dink ek en die meeste van die tyd het dit erge noodlottige gevolge. Meestal help sielkundiges jou om jou probleem te erken en identifieseer en gee vir jou ‘n oplossing. Dit klink als wonderlik en pragtig as iemand jou vertel wat om te doen, maar wanneer jy dit self moet doen werk dit nooit uit nie. Dis gewoonlik wat met my gebeur het, ek kon hoé vasberade wees om dinge anders te doen, maar as ek weer sien is ek back 2 square 1. NLP leer jou die ‘skills’ (wat is skills in Afr? Vaardighede pas nie vir my nie) om probleme op te los en dinge en mense so te bestuur dat daar nie probleme en konflik kan onstaan nie. Soos ek gesê het, het ons almal die meeste van daai ‘skills ons met net leer om dit reg te gebruik. Volgens my moet NLP sommer ‘n verpligte skoolvak word. In sommige oorsese lande word dit as Universiteitsvak aangebied, maar hier in SA is dit nog redelik onbekend. As ek vroeër in my lewe die kursus kon doen sou ek defnitief baie situasies anders hanteer het en dan kon ek myself heelwat trane en verdriet gespaar het. Dit gee mens ‘n totale ander uitkyk op die lewe. Ek dink ek het my arme swaer erg frustreer want hy het al lankal die kursus gedoen en my altyd vertel hoe ek dinge moet doen, maar al wat wou luister is ekke. Al wat vir my bietjie sleg was van die kursus is dat als in Engels was. Ek het na dese baie meer simpatie met Virginia want dis nie so maklik om als te verstaan as iets nie in jou moedertaal is nie. Ek het so af en toe lekker gestoei met die rooitaal saam, maar tenspyte daarvan was dit die beste ding wat ek nog gedoen het. Ongelukkig het die kursus bietjie op ‘n teleurstellende noot geëindig. Om een of ander rede het ek van die begin af nie gehou van die vrou wat die kursus aanbied nie. Ons sou die gevorderde kursus ook gedoen het, maar aan die einde van die eerste kursus sê die vrou toe sy gaan nie die 2de kursus aanbied nie. Toe my swaer weer sien vat sy haar goedjies en daar gaan sy, sonder om dit vooraf met hom te bespreek of enige redes te gee. Later sou ons uitvind dit het als oor geld gegaan, alhoewel my swaer haar haar vooraf vasgestelde fooi betaal het. Sy practise beslis nie wat sy preach(verskoon tog die spelling) nie. Volgens haar seun is dit ‘n ou laai van haar om sommer haar goed te vat en te waai as nie meer lus is om iets te doen of nie haar sin kry nie. En sy het nogal ‘n doktors graad, maar na dese wonder ek nogal daaroor. Iemand wat so optree soos sy gedoen het, het volgens my nie eers ‘n ruggraad nie, wat nog te sê ‘n doktorsgraad. My swaer gaan binnekort die kursus self aanbied en dan wil ek dit weer gaan doen. Volgens my sal hy ‘n baie beter Meneer wees as die Juffrou wat ons moes leer. Ek het ‘n waenhuis vol e-mails wat vir my wag. Gaan loer by http://www.si-g.net as jy nog meer wil weer oor die NLP kursus. As jy vir iemand iets wil doen wat sy lewe gaan verander, stuur hom op so kursus. Dit is die beste belegging wat jy kan maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s