Aflewering no. ?????? van Kriekkie se Klaagliedere

Kyk ek is nou regtig nie snaaks nie, maar as die res van my jaar gaan verloop soos die afgelope maand, weet ek wragtie nie of ek kans sien om ‘n tree verder te vorder nie….

Elke nuwe jaarsdag dan oortuig ek myself die komende jaar kan met beter gaan en tot nou toe, het dit gewoonlik altyd goed gewerk, maar dit lyk my 2010 is gejinx of iets dit voel vir my ek vorder 2 tree vorentoe en 3 tree terug.  Nes ek dink daar kan nou niks meer gebeur om my te gooi nie, dan is dit die volgende episode in die drama.  Dit is seker ook my eie skuld dat ek toelaat die dinge my so ontstel, maar ongelukkig is ek nou maar een maal so gemaak en so gelaat staan.

Ek was so seker na die NLP-kursus gaan ek dinge makliker kan hanteer, maar duidelik was ek verkeerd.  Ek is noual half gewoond daaraan dat medikasie en behandelings en dinge nie dieselfde uitwerking op my het as op ander nie as gevolg van die Kruppelkriekkie status, maar regtig, ek twyfel of daar hoop is vir my as ‘n kursus nie eers ‘n effek op my het nie…..Miskien is daar meer skroewe los as wat ek vermoed het.

Ek weet (en het tot nou toe geglo) alles gebeur met ‘n doel, maar as iemand net vir my kan verklaar wat kry ‘n persoon daaruit om famile bande wat oor 10 jaar opgebou is binne ‘n dag onherstelbaar te verbreek.  As ek net kan verstaan wat hy daardeur probeer bereik, sal ek seker die gelukkigste mens op aarde wees.  As daar minder leuns by betrokke was sou dit ook nie vir my so erg gewees het nie, maar ek sukkerl om leuns te verwerk.  Nie dat ek nog nooit ‘n leun in my lewe vertel het nie, maar ek kan met sekerheid sê ek het nog nooit mense te na gekom of seer gemaak deur leuns nie.  As ek dit dalk onwetend gedoen het, en die betrokke persone het nie met my daaroor hom praat, sodat ons die saak kan opklaar nie, kan ek ongelukkig niks daaraan doen nie.

As daar daar iemand is wat oortollige trane het waarvan jy wil ontslae raak, stuur gerus die kant toe.  Ek dink ek het my kota al meer as opgebruik.  Ek dink nie ek het al in my hele 35 jaar so veel trane gestort soos die afgelope paar maande nie.  My konstitusie is nou maar eenmaal nie gebou vir sulke onenigheid nie.  En dit als net oor ek probeer goed doen het.  Kyk baie van my goeie daad pogings het al bietjie skeef geloop maar hierdie 1 het behoorlik in my gesig ontplof en ek erken ek’s defnitief nie sterk genoeg om die gevolge te dra nie.

Die mense wat ek gedink het die naaste aan my is en my deur hierdie persoonlike krisus sal help het my ook erg teleurgestel en dit is vir my die heel moelikste om te verwerk.  Maar eendag sal ek seker verstaan hoekom…. Net jammer daai eendag vat bietjie te lank na my sin…..

Belowe ek’s nou klaar gekla en kerm.  Ek’s seker julle is al net so moeg vir my klaagliedere soos ek self.  Dankie vir almal wat so gereeld kom inloer om na my klaagliedere te luister.

One response to “Aflewering no. ?????? van Kriekkie se Klaagliedere

  1. Hallo kruppelkriekie, Ek het sommer besluit om hier by jou langs te loop en gou in te loer, gesien die ligte is aan toe kom klop ek maar😉

    Mens as ek so lees klink dit mos vir my jy peinig jouself onnodiglik en dit deurdat iemand anders moedswillig lelik opgetree het, nee man, jy moenie dit doen nie, jy sê dan jy het net probeer goed doen , dan weet jy mos jy het niks verkeerd gedoen nie so moenie jouself blameer oor een fliksem wat wel alles kom op voeter het nie. Moenie daardie persoon die satisfaksie gee in die wete dat hy jou lewe vergal nie!

    Onthou niemand maar niemand kan jou laat sleg voel en hartseer maak sonder jou toestemming nie!

    “wat ookal agter ons lê en wat voor ons lê is alles klein dingetjies in vergelyking teenoor wat binne ons lê deur net positiewe denke toe te pas”

    Moet nooit jouself oordeel deur die oë van iemand anders nie, ek dink jy is ‘n pragtige mens en jy laat toe dat ander oor jou loop. So hou op huil vee af die traantjies en dan sal jy duidelik sien dat jy nie die oorsaak van die probleem is nie maar wel die ander persoon.

    en onthou “The most wasted of all our days are those in wich we have not laughed”

    “In the depth of winter I finally learned that within me there lay an invincible summer” en dit is so waar ! net positiewe denke van nou af aan!! 😉

    Sterkte daar vir jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s