Naweek nuus

Ek het die naweek by ‘n vriendin gaan kuier.  Sy het die cuteste kiettie kat.  Dit is die liefdevolste kat.  Hy sal heeldag op jou skoot sit en as jy nie vinnig genoeg vryf en cuddle na sy sin nie, dan stamp hy jou met sy kop.  Katte is oor die algemeen nie vreeslik vryerig nie, maar Steve maak sommer op vir almal.  Sy celebrity naamgenoot was juis asgevolg van te vryerig wees al kniediep in die sop.  Ou Steve is eintlik ‘n optel kat, hy het in verlede jaar sommer daar aangestap gekom en hom tuisgemaak asof hy al van altyd af daar bly.  Ongelukkig weet ons nie hou lank Stevie-kat nog met ons gaan wees nie want hy het kat-vigs in een van sy vele gevegte opgetel.  Hy kry nou elke dag allerhande pilletjies en druppeltjies.  Dit kos my vriendin ‘n fortuin aan al sy medisyne, maar sy gee nie om nie want hy het nou al so diep in almal se harte gekruip.  Ek het haar mooi laat verstaan sy moet my maar nie bel as hy dood is nie, want ek weet nie wie van ons 2 gaan die hardste huil nie.  Dit lyk darem of die medisyne werk want hy lyk nie of hy siek is of enige pyn het nie.

 

Ek wou Vrydag my DVD recorder met ‘n byl stukkend kap.  Die 1 oomblik het hy nog die dvd gespeel en toe ek verder wil kyk toe kan hy ewe skielik nie die cd lees nie.  In my poging om te probeer uitvind wat sy pyn is gaan vee ek als van die cd af.  Daar’s my hele reeks van Dis Hoe dit is daarmee heen en die dvd speel of daar nog nooit ‘n probleem was nie.  Ek dink my arme TV en DVD is al allergies vir Steve want dis omtrent net sy goed wat ek opneem.

 

Ek het Saterdag die fliek PS I love you gekyk.  Dit is di mooiste storie wat ek in ‘n langtyd gesien het en dan is die boetietjie wat daarin speel ook nog so sag op die oog.  My ma het so gehuil dit het gelyk of sy begrafnis hou.  Ek het ook maar swaar gesluk om nie te huil nie.  Ek was bang as ek eers begin huil gaan ek dalk nie weer ophou nie.  Ek wens ek kan leer om bietjie meer in styl te huil.  Ek skop gewoonlik so geblêr op mens so sweer dis die einde van die wêreld.

 

My sussie-hulle het vir 5 jaar oorsee gebly en toe ons moes afskeid neem by die lughawe na ons gaan kuier het het ek so getjank die doane beamptes wou net weet waar is die pyn en wat kan hulle doen om te help.

 

Die rede waarom ek verlede week gesê het ek wil die blog opgee vir ‘n bad job, is omdat ek op Mweb ook ‘n blog gehad het, maar hy werk nie vir my so lekker soos wordpress nie.  Daar het so 100 mense per dag by my kom inloer en wou ek maar weer terug gaan omdat ek nie lekker geweet het hoe werk WordPress se getalle nie.

 

Ek hoop almal het ‘n intressante “nie blou” Maandag.

Lewer kommentaar