Katte bou nasie

 

 

Die buurt se katte het hier in die middernagtelike ure besluit ons voortuin is net die plek om die kat bevolking uit te brei.  Die honde wou omtrent mal word want hulle kan nie die ongenooide gaste gaan verwilder nie.  Ek moet sê ek’s baie bly mense skop nie ook so vreeslike lawaai op wanneer die nasie gebou word nie.  Dan sou alle slaapkamers klankdigte mure moes hê.  Ek verwonder my net, skree die kat so van lekkerkry of van seer….;-). 

 

Ek dink iewers in my is ‘n erg gefrustreerde skrywer verskuil.  Op skool was ek mal oor opstelle skryf.  Ek kan nie wag dat Virginia moet begin opstelle skryf dat ek haar kan help nie.  Net na skool het ek ‘n kort verhaal geskryf, maar dit was nie vreeslik suksesvol nie want al die tydskrifte en plekke vir wie ek dit gestuur het, het dit terug gestuur.  Ek wou al inskryf vir ‘n kort-verhaal kursus, maar die nodige finansies ontbreek alewig.

 

Gesels weer Donderdag.  Lekker dag.

Lewer kommentaar